AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Benede-Oranje-vloed kan naweek baie hard begin slaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Benede-Oranjerivier vloei sterk in die distrik Grootdrink Dinsdag, 21 Februarie 2023. Foto: Verskaf deur Jors van der Westhuizen
Die Benede-Oranjerivier vloei sterk in die distrik Grootdrink Dinsdag, 21 Februarie 2023. Foto: Verskaf deur Jors van der Westhuizen
Die verwagte vloed in die Benede-Oranjerivier kan groter as die 2011-vloed wees nadat die departement van waterwese vanmiddag begin het om die uitlaat uit die Bloemhofdam drasties te verhoog.

Kort nadat die departement vroeër vandag ’n mediaverklaring uitgereik het dat die uitlaat uit die Bloemhofdam op 3 200 kubieke meter per sekonde (kumek) gehou sou word, het die departement ook ’n teenstrydige waarskuwing aan gemeenskappe stroomaf van die dam uitgereik dat die uitlaat om 15:00 sou verhoog tot 3 400 kumek, om 16:00 tot 3 600 kumek en om 17:00 tot 3 800 kumek.

Me. Wisane Mavasa, woordvoerder van die departement, het aan Landbou.com bevestig dat die waarskuwing die jongste inligting bevat het.

Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjeriver-landbou-unie, sê die verhoging van die uitlaat beteken dat waar hy vroeër vandag verwag het die vloeihoogtepunt kon meer as 4 700 kumek wees, soortgelyk aan die 2011-vloed, kan dit nou heelwat meer as 5 000 kumek wees.

Die rivier kan teen Sondag dié vlak van vloei by Katlani naby Douglas bereik, die eerste meetpunt ná die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier. Dit sal na verwagting sowat ’n dag duur vir die hoogtepunt by Katlani om Prieska te bereik en daarna nog ’n dag totdat dit Upington bereik.

Só ’n hoë vloei kan groot skade vir boere meebring en die hoë vloei kan vir ’n paar dae voortduur.

Fourie verskaf gereeld inligting oor die Benede-Oranjerivier se vlakke aan sowat 1 300 lede van riviervlakgroepe op Telegram en WhatsApp. Hy grond die inligting op die departement van water en sanitasie se inligting oor die Vaal- en Oranjerivierstelsels, wat werklike metings asook projeksies insluit.

Die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier by Douglas, Maandag 20 Februarie 2023. Foto: Gerhard Barkhuizen
Water het aansienlik gestyg op mnr. Jors van der Westhuizen se plaas die week. Dié foto is Dinsdagoggend, 21 Februarie 2023, geneem. Foto: Jors van der Westhuizen
Benede-Oranjerivier
Die visvanghut op mnr. Jors van der Westhuizen se plaas in die distrik Grootdrink is op 20 Februarie reeds onder water

Hy sê die departement se projeksies is ongelukkig tans onbetroubaar, onder meer omdat te veel meetpunte buite werking is. Hy kyk daarom na syfers by belangrike meetpunte en bereken hiermee, tesame met die insig wat historiese syfers bied, verwagtinge van riviervloeie en hoogtepunte by verskillende punte in die Benede-Oranjerivier.

Sy projeksies tot dusver, vir Maandag 19 Februarie tot vandag 22 Februarie, was sowat 93% tot 108% van wat die werklike metings was. Hy moes vanmiddag sy verdere verwagtinge aanpas nadat die nuus rakende die hoër uitlaat uit die Bloemhofdam bekend geword het.

Fourie wens boere sterkte toe. Hy moedig hulle aan om deel te wees van netwerke waar hulle betroubare inligting kan kry.

Hy hoop dat die tropiese sikloon Freddy nie swaar reën in die Benede-Oranjerivier se opvangsgebiede sal bring nie.

*Die situasie in dié waterstelsels verander voortdurend en ons sal die lesers op hoogte hou van nuwe ontwikkelinge sodra inligting bevestiging is.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot