Landbouverwante beleggingsfondse ter waarde van meer as ‘n miljard dollar sal by vanjaar se Africa Investor-beleggingsberaad verteenwoordig wees.
Beleggingsfondse vir landbou-ondernemings ter waarde van meer as ‘n miljard rand sal by vanjaar se Africa Investor (AI)-beleggingsberaad in Durban verteenwoordig wees.
Dié beraad word vandeesweek in samewerking met die KwaZulu-Natalse departement van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling aangebied.
Luidens ‘n verklaring sal die beraad sakelui byeenbring om beleggings in die private sektor te bespreek. Kommersiële en kleinboere sal ook die kans kry om transaksiestrukture en ooreenkomste te bespreek. Dié boere sal ook aan verskeie moontlikhede blootgestel word.
Internasionale beleggers
Meer as 20 internasionale beleggers sal die beraad bywoon. Met die wêreldekonomie wat aan die herstel is ná die resessie, stel beleggers van veral Amerika, Europa en Asië in sagte kommoditeite belang.
Beleggers en ontwikkelingsvennote sal na verwagting hul planne vir die mobilisering van private sektorbeleggings in die landbou bespreek. Bestuurslede sal ook opkomende projekte en beplande beleggings in die landbouwaardeketting deel.
Die AI se gesogte beleggingstoekenning sal ook tydens die beraad toegeken word.
30 Augustus 2010