
Landbou.com het met die samewerking van Agri Development Solutions twee berekenaars gebou wat van groot nut vir veeboere kan wees. Met dié berekenaar kan jy getalle en syfers insleutel om vas te stel of daardie stoorlammers of die speenkalwers wat jy wil afrond, winsgewend sal wees, en of jy dit dalk dit nie moet aanpak nie.
Die berekenaars is op Landbou.com beskikbaar onder die hofie Berekenaars, waar jy die keuse vir 'n model vir skape of vir beeste kan kies. Dit werk maklik op jou rekenaar, tablet of slimfoon. Dit is veral nuttig op 'n slimfoon.
Die twee modelle het vooropgestelde kassies waarin die gebruiker sekere getalle en syfers moet intik, soos aankooprys per dier, die massa van verskillende voere, voerkoste, bemarkingskoste, die verwagte uitslagpersentasie en so aan.
Nadat al die velde ingevul is, verskaf die berekenaars ‘n gelykbreek-mielieprys (R/ton); gelykbreek vir aankooprys, gelykbreek vir verkooprys en die finale antwoord, die wins of verlies (rand per lam of speenkalf). Jy kan die hele berekening dan as ‘n nuttige PDF-dokument bêre, vir latere verwysing.
Een van die kenmerke van die berekenaars is dat jy jou berekeninge (getalle, syfers en koste) kan verander en aanpas om vas te stel wat jy kan bv. kan afknyp of byvoeg om by jou beoogde wins uit te kom.
Hieronder is die skakels om die berekenaars te sien.
* Tegniese bystand: Urbanus Badenhorst, 072 610 2223, farmcare@telkomsa.net