AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beste jongboere in Wes-Kaap ding mee

Ses jong landbouprodusente ding mee om as die Wes-Kaap se beste aangewys te word.

Die wenner van Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar-kompetisie word op 25 Mei aangewys en sal deurdring na die nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar 2016-kompetisie, wat in Oktober vanjaar aangewys word.

Agri Wes-Kaap wens in ’n mediaverklaring die finaliste geluk en wens hulle sterkte toe met die beoordelingsproses wat binnekort begin.

Die deelnemers wat dit vanjaar gaan uitspook is:

Chris Orffer

Dié 33-jarige produsent boer al 13 jaar met kernvrugte, groente, graan, droëvrugte, steenvrugte en wingerd op die plaas Bloubank 1 naby Tulbagh.

“Net so belangrik soos die ontwikkeling van nuwe fyn worteltjies vir ’n jong boom, net so belangrike rol speel die jongboer in die ekonomie van Suid-Afrika. Die jongboer is die een wat die landbou en al sy fasette gaan laat voortbestaan,” sê hy.

Jacques Beukes

Jacques (35) boer al 10 jaar met tafeldruiwe op die plaas Modderdrift in die Hexriviervallei. Hy is een van Agri Wes-Kaap se streekverteenwoordigers, ’n direkteur van die Hexvallei Tafeldruiwe-assosiasie en die voorsitter van die Breedevallei Munisipaliteit se produsenteforum.

Jacques sê jongboere is die land se toekoms. “Jongboere bring baie nuwe idees en energie na die ekonomie. Hulle hou van nuwe ontwikkelings en uitdagings en deur voortdurend uit te brei, kan die landbou bydra tot 'n groei in werkskepping,” sê hy.

Andrew Jonker

Andrew (26) is produsent uit die Hessequa-distrik wat die afgelope vier jaar op die plaas Tolange by Riversdal met skape, graan, beeste en dekriet boer. Hy dien ook op die bestuur van die Saamstaan Landbouvereniging.

Andrew sê hy is gebore met ’n liefde vir die landbou. “Alles kom vir die boerdery deur genade. Ek probeer om geen kortpaaie te vat of hoeke te sny nie en probeer om altyd positief te bly. Ek en my werkers is ’n span wat dinge op die regte manier doen,” sê hy.

Callie Jordaan

Callie (32), Agri Wes-Kaap se jongboer-streeksverteenwoordiger in die Riversdal-distrik, boer al 12 jaar en is ’n melkprodusent op die plaas Kleinrivier. Hy is ook die voorsitter van die distrikslandbouvereniging, voorsitter van die Riversdal-Noord Landbouvereniging en voorsitter van die Veldmanvlei en Tierkloof Watervereniging.

Volgens Callie kan die jongboer se rol in die landbousektor nie in geldwaarde gemeet word nie. “Ons rol kan eerder gesien word as die dik stukke hout op die vuur. Ons gee nuwe vuur en krag aan die landbou,” sê hy.

Anton Viljoen

Anton (34) boer al 11 jaar met tafeldruiwe op Villion Farms in die Hexriviervallei. Hy is die voorsitter van die Hexvallei Tafeldruif-assosiasie, direkteur van SATI, direkteur van Fruitfly Africa en ’n direkteur van Hexkoel.

“Ek is ’n bedryfsmens en hou van Suid-Afrika se tafeldruifbedryf, daarom is ek oral betrokke waar ek die bedryf kan help. Ek gee om vir my mede-produsente en sal help waar ek kan,” sê hy.

José de Kock

José (35) is ’n kleingraan- en skaapprodusent uit die Overberg-distrik. Hy boer op die plaas Klipheuwel en is die voorsitter van die Napier Landbouvereniging. Hy is ook aktief betrokke by die bestuur van die Overberg-distrikslandbouvereniging.

“Ek boer nie omdat ek moet nie, maar omdat ek wil,” sê José. Na sy graadstudie in agronomie en landbou-ekonomie het hy onder meer as ’n graanverkryger gewerk en beskou hy hierdie ondervinding as die basis van sy sukses die afgelope vyf jaar op die plaas. “Ek beskou myself as baie bevoorreg om op 35-jarige ouderdom te kan boer en self te kan bepaal hoe ek die boerdery moet bestuur,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.2%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,719.90
-0.4%
Silwer
20.79
-1.3%
Palladium
2,300.96
-0.9%
Platinum
924.68
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot