AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Besteding aan infrastruktuur verwelkom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die omsigtige benadering van mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, in vanjaar se begrotingsrede, is breedweg gunstig ontvang deur Agri SA.

Agri SA verwelkom dit dat in die begroting gehoor gegee is aan beroepe vir infrastruktuurbeleggings wat ooreenstem met beloftes in pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede. Agri SA is veral dankbaar oor die finansiering van Sanral en die belegging in die Suid-Afrika se waterinfrastuktuur, soos die R2,1 miljard wat toegewys is vir die verhoging van die wal van die Clanwilliamdam.

Ander stappe wat Agri SA verwelkom het, sluit in die gebeurlikheidsreserwe van R5 miljard vir die Land Bank, die besluit om die brandstof- en die padongelukkefondsheffings onveranderd te laat, gegewe die groot rol wat brandstof speel in insetkoste en koste in die breër landbou- en voedselwaardekettings.

Agri SA verwelkom ook die verlaging in korporatiewe belasting wat in 2023 in werking tree. Hoewel die hoër koolstofbelasting ’n nadelige uitwerking sal hê op die landbousektor, bied die uitstel van die eerste fase van die koolstofbelasting tot 2025 ’n welkome blaaskans vir die sektor.

AKSYNSBELASTING

Die wynbedryf is besig om te herstel van die impak van die plaaslike drankverbod.

“Agri Wes-Kaap verwelkom die aankondiging dat die huidige prysmodel vir brandstofpryse hersien sal word en is dankbaar dat die verhoging in aksynsbelasting op drank in ooreenstemming met inflasie is,” sê mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Agri SA sê die verhoging in die belasting op tabak en suiker sal die vermoë van hierdie bedrywe om te herstel van die terugslae ná covid-19, ernstig strem.

Agri SA waarsku dat staatslone steeds ’n beduidende risiko vir die fiskus inhou, veral omdat salarisonderhandelinge voortgaan. Die besteding aan maatskaplike toelaes sal ook versigtig bestuur moet word.

INFRASTRUKTUUR

Agri Wes-Kaap ondersteun die regering se ingrypings om probleme met infrastruktuur aan te pak.

“Die aankondiging van inisiatiewe op mediumtermyn om die doeltreffendheid van hawens te verbeter en spoorweë se kapasiteit uit te brei, is goeie nuus vir die landbousektor,” sê Strydom.

Die organisasie verwelkom ook die aankondiging dat R8,7 miljard tot die polisie se begroting toegevoeg is. “Landelike veiligheid is vir Agri Wes-Kaap uiters belangrik en daarom verwelkom ons die bykomende geld vir die polisie.”

Die bewilliging van R1,3 miljard aan die landbouproduksie-, biosekerheids- en hulpbronbestuursprogram in die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is goeie nuus vir die sektor.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot