AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bestuur van organiese materiaal in grond

Die waarde van oesreste wat op lande oorbly wanneer klaar gestroop is, word dikwels misken. Die boerdery kan dalk meer winsgewend wees as die organiese materiaal effektief bestuur word. In hierdie artikel bespreek Andries Botha, Grondkundetegnikus: Landboubestuursdienste, NWK, die effek van organiese materiaal in grond.

Die waarde van oesreste wat op lande oorbly wanneer klaar gestroop is, word dikwels misken. Die boerdery kan dalk meer winsgewend wees as die organiese materiaal effektief bestuur word. In hierdie artikel word die effek van organiese materiaal in grond bespreek.

Grondmateriaal se oorsprong

Die organiese materiaal in grond kom van plant- en dierereste af. Plantwortels en bogrondse plantreste is die grootste bron van organiese materiaal in die grond. Verskillende gewasse en produksiepraktyke se bydrae tot organiese materiaal in die grond is verskillend. Mielies onder besproeiing lewer byvoorbeeld baie meer plantmateriaal as mielies op droëlande.

Benutting van oesreste

Beeste se benutting van oesreste is moontlik nie so negatief as wat dikwels gesê word nie. Wat wel negatief is, is as die ploeë vir die beeste moet wag en die grond dan weens die beweiding só droog word dat winterbewerking nie meer kan plaasvind nie. As die regte veebelading gehandhaaf word, vreet die beeste hoofsaaklik die materiaal wat gewoonlik sou wegwaai en dan vir die grond verlore sou wees.

Praktyke van grondbewerking

Deklaagbewerking beteken dat die oesreste op die grond moet

bly. Die plantmateriaal beskerm die grond teen winderosie en uitdroging. Die

oesreste moet dan met 'n stronkekapper (rolmoer) gekap word, sodat lang stronke nie tydens grondbewerking saampak nie. Die stronkekapper beperk ook in 'n mate materiaal wat wegwaai. Met konvensionele ploegbewerking kan die lande vooraf met 'n skottelimplement gesny word om die materiaal kleiner te kry en deels in die grond in te werk. Waar daar baie materiaal is, soos op besproeiingslande, mag dit dalk nodig om meer as een keer te sny.

Afbreek van plantmateriaal

Plantmateriaal word deur mikro-organismes afgebreek. Wanneer

plantmateriaal in die grond ingewerk word en die toestande gunstig is vir die groei van mikro-organismes, vind daar 'n bevolkingsontploffing van mikrobes plaas. Soos die afbreek van organiese materiaal voortduur, verhoog die koolstofdioksiedvlak in die grond weens respirasie van die mikrobes. Die fynheid van oesreste het ook 'n invloed op die tempo van afbraak. Hoe fyner dit is, hoe vinniger breek dit af.

Optimale toestande vir mikro-organismes en bakterieë

Mikro-organismes is gevoelig vir 'n paar omgewingstoestande, naamlik beskikbare voedingstowwe, vog, temperatuur, pH, deurlugting en beperkende stowwe.Beskikbare voedingstowweNet soos plante al die basiese voedingstowwe nodig het om te groei, het die grondmikrobes dit ook nodig om te vermeerder. 'n Duidelike bewys hiervan is die stikstof-negatiewe periode wat ontstaan nadat plantmateriaal ingeploeg is.VogVog is baie belangrik vir die groei van grondmikrobes. Oesreste wat in droë grond ingewerk word, word baie stadiger afgebreek as dié in klam grond. Versuiptoestande en watertafels in grondprofiele benadeel die groei van grondmikrobes. Hoe meer vrywater daar is, hoe minder suurstof is daar vir die mikro-organismes om van te leef. Die optimale grondvog is tussen 50% en 100% van veldwaterkapasiteit.

Temperatuur

Temperatuur is seker die belangrikste faktor tydens die afbreek van organiese materiaal in grond. In Suid-Afrika is temperatuur, veral in die lang somers, baie gunstig vir die afbraak van organiese materiaal. Dit veroorsaak dat gronde op veral die hoëveld relatief arm aan organiese materiaal is. Dit is net in gevalle waar die grondtemperatuur vir lang tye koud is, soos die hooglande, waar die mikro-organismes se aktiwiteit stadig is of feitlik tot stilstand kom.pH'n Hoë pH-waarde en ?n hoë stikstofinhoud in die grond bevoordeel bakterie-groei, maar die teenoorgestelde bevorder fungi-groei. Bakterieë skakel gewoonlik 'n groter hoeveelheid organiese materiaal om na koolstofdioksied en ammonium, as fungi.

Deurlugting

Die lug-samestelling in die grond bepaal die tipe mikroflora en die tempo waarteen organiese materiaal afgebreek word. Hoe hoër die suurstofvlak en hoe laer die koolstofdioksiedvlak in die grondlug, hoe hoër is die mikrobe-aktiwiteit en andersom.

Beperkende stowwe

Sommige bakterieë en fungi produseer tydens hulle normale groei antibiotika, wat die balans tussen sekere mikrobe-spesies kan beïnvloed. Landbou-chemikalieë kan ook sekere mikrobes dood of hulle aktiwiteit inhibeer. Tannien veroorsaak nie weerstand in mikrobe-afbraak van plantmateriaal nie, maar speel 'n klein rol in die opbou van die grond se humusvlak.

Stikstof-negatiewe periode

Die meeste van die plantreste se koolstof : stikstof-verhouding is sodanig dat daar nie genoeg stikstof is om die afbraakproses aan die gang te hou nie. As daar dan nie addisionele stikstof toegedien word nie, gebeur dit dat feitlik alle beskikbare stikstof tydelik in die mikrobes se proteïen vasgevang word.

Die nut van organiese materiaal

Organiese materiaal in grond het verskeie voordele, veral as dit in groot genoeg hoeveelhede toegevoeg word.

Grondvrugbaarheid

In gronde met 'n hoë humus-inhoud kan die humus se bydrae tot die katioon-uitruilkapasiteit (KUK) soveel as 30% tot 60% wees. In die semi-ariede dele van Suid-Afrika is dit weglaatbaar klein omdat die organiese materiaal-inhoud van die grond natuurlik baie laag is.

Grondstruktuur

Organiese materiaal is nie direk verantwoordelik vir die vorming van struktuur of aggregate in gronde nie. Die mikro-organismes wat op die organiese materiaal leef, skei 'n taai stof af wat die gronddeeltjies met mekaar bind en sodoende winderosie help bekamp.

Winderosie

Organiese materiaal bo-op die grond beperk die toeslaan van grond en beperk die afbreek van die grondstruktuur in die bogrond. Dit beperk dan winderosie. Wanneer grond nie beskerm word nie, kan die verlies aan organiese stikstof in die grond weens erosie tot so hoog as 11 kilogram per hektaar wees. Dit is juis slik, klei en humus wat tydens erosie verlore gaan.

Samevatting

Met die hoë insetkoste ten opsigte van gewasproduksie moet

alle fasette optimaal bestuur word. Bewerkingspraktyke moet só aangepas wees dat oesreste nie probleme skep wat die voordeel van tydige grondbewerking benadeel nie. Wanneer groot hoeveelhede oesreste in die grond ingewerk word, moet die moontlikheid van 'n stikstof-negatiewe periode in aanmerking geneem word. Die voordele van organiese materiaal in grond moet in gedagte gehou word wanneer besluite oor die benutting daarvan geneem word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.87
-0.5%
Rand - Pond
20.07
+0.3%
Rand - Euro
17.56
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,711.86
-0.3%
Silwer
20.57
-0.4%
Palladium
2,302.00
+1.9%
Platinum
923.71
+0.1%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,675
+0.8%
Alle aandele
66,098
+0.7%
Hulpbronne 10
63,513
-0.3%
Industriële 25
80,428
+1.5%
Finansiële 15
14,053
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot