AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Beter graanoeste verwag n

Die oesvooruitsigte vir somergrane het in die afgelope tien dae baie verbeter omdat goeie reënneerslae oor die hele somersaaigebied voorgekom het, sê mnr. Andrè Ferreira van Graan Suid-Afrika.

Mnr. Willie Lewies, voorsitter van TLU Suid-Afrika se noordstreek in Limpopo, sê dit is nog baie droog in veral die oostelike dele van Ellisras tot by Messina en groot skade aan hoofsaaklik weidings word verwag. In Noordwes, die Noordwes-Vrystaat, en Kwazulu-Natal, waar normaalweg meer as 50 % van die totale mielie-oes geproduseer word, sal die beplande mielie-aanplantings waarskynlik voltooi word.

Weens omstandighede is min sojabone, grondbone en sorghum geplant en kan dit tot tekorte lei.

Hoewel reën die afgelope week oor Noordwes en die Noordwes-Vrystaat later as normaal is, is dit nog betyds om mielies te plant en word 'n swaai na sonneblomme nie in dié gebiede verwag nie. In die Oos-Vrystaat sal waarskynlik meer sonneblomme geplant word as wat aanvanklik beoog was.

In die oostelike produksiegebiede van Mpumalanga en die oostelike Vrystaat lyk dit of die beoogde oppervlakte mielie-aanplantings nie geplant sal word nie en kan die produksiepotensiaal benadeel word deurdat mielies hier heelwat later as normaal geplant is, sê mnr. Ferreira.

'n Beraming van die mielie-oes in dié stadium is moeilik omdat die mielies baie jonk is en nog geplant word. Goed verspreide opvolgreën en veral die hoeveelheid reën in Februarie 2003 sal die oesgrootte bepaal.

In sekere dele van Mpumalanga is daar 'n hoë risiko omdat die optimum planttyd verstreke is. In die Oos-Vrystaat is die laat mielie-aanplantings eerder op kuilvoer gemik omdat die optimum mielie-planttyd reeds verby is.

In sekere gebiede is net 50 % van die mielie-aanplantings voltooi en die res van die oppervlaktes sal vir sonneblomme gebruik word.

In die Noordoos-Vrystaat is dit moeilik om te sê of die beoogde oppervlakte mielie-aanplantings voltooi sal word, maar boere plant ná die goeie reën die afgelope week so vinnig moontlik. Mnr. Ferreira meen die kans is goed dat minstens 80 % van die beoogde mielies geplant kan word.

Oor bykans die hele Noordwes-Vrystaat het dit goed gereën. Ernstige vloedskade het op lande tussen Bothaville en Viljoenskroon voorgekom.

20 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot