AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Beter pryse nou krities vir melkboere

Hoër plaashekpryse vir melk is nou nodig om skade aan die suiwelbedryf te voorkom.

As melkboere nie gou meer vir hul melk kry nie, kan Suid­-Afrika se melkproduksievermoë ernstige skade ly. So sê dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodusente-­organisasie (MPO), in die organisasie se jongste verslag oor markneigings. Volgens hom is boere onder ernstige druk weens die hoër koste van produksiemiddele en stagnante produsentepryse.

Melkproduksie was in Maart 7,6% laer as 'n jaar gelede. Die geraamde 230,851 miljoen liter wat in die maand gelewer is, was wel steeds meer as Maart 2014 se 217,221 miljoen liter. Produksie in vanjaar se eerste kwartaal (aangepas vir die skrikkeljaar) was 5,4% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

“Die (dalende) neiging sal voortduur tensy produsentepryse beduidend verhoog word,” sê Coetzee. In teenstelling met vanjaar se dalende neiging was produksie verlede jaar 6,4% hoër as in 2014.

Vraag groei

Die verbruikersmark vir langlewemelk het volgens Nielsen-­syfers verlede jaar met 14,4% gegroei, ten koste van die mark vir vars melk wat met 1,6% gekrimp het. Die markte vir gegeurde melk, jogurt, voorafverpakte kaas en botter het met tussen 5% en 7,2% gegroei.

Aanbod kan onder druk kom

Dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die MPO, sê melkverwerkers sal dringend aandag aan die vlak van produsentepryse moet gee om produsente in staat te stel om produksie te handhaaf.

“Indien melkverwerkers nie spoedig reageer nie, sal die aanbod van onverwerkte melk vanaf Junie onder druk kom. Indien produksievermoë op groot skaal verloor word, sal die herstel daarvan moeilik en duur wees. Tydige optrede kan produksie stabiliseer,” het Van Dijk in 'n verklaring gesê.

Pryse van twee jaar gelede

Produsentepryse is volgens hom tans op bykans dieselfde vlak as twee jaar gelede, maar insetkoste is dramaties hoër. Weens die droogte is geelmielies en sojabone onderskeidelik 30% en 25% duurder as 'n jaar gelede, terwyl die prys van alle ander voerkomponente ook skerp gestyg het.

Voer sal na verwagting tot minstens einde aanstaande jaar so duur bly. “Die MPO meen dit is onregverdig dat die kostedruk deur die melkboer geabsorbeer moet word. Ander kostestygings, veral elektrisiteitstariewe wat met meer as 15% gestyg het, plaas reeds druk op produsente se winsgewendheid.”

Van Dijk sê steekproefopnames toon intussen kleinhandelpryse van suiwelprodukte het reeds in Maart begin styg. Die MPO doen 'n beroep op melkverwerkers om dringend aan die nadelige pryssituasie aandag te gee en vra verwerkers wat reeds hoër pryse met kleinhandelaars kon beding, om 'n deel daarvan te gebruik om produsente se produksievermoë in stand te hou.

In­ en uitvoer val

Die hoeveelheid suiwelprodukte wat in Januarie en Februarie vanjaar ingevoer is, was in melkekwivalent (die hoeveelheid melk wat na raming gebruik is om dit te maak) meer as die helfte minder as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

In dieselfde twee maande is produkte met 'n melkekwivalent van 56 miljoen liter uitgevoer, wat 5,6% minder is as die eerste twee maande van verlede jaar. Coetzee sê in die algemeen het produksie in die Europese Unie (EU) nie verlede jaar gestyg toe die kwotastelsel in April geskrap is nie.

Produksie het wel vanjaar gestyg en tesame met swak marktoestande het dit tot 'n groot opbou van voorraad in die EU gelei. Internasionale suiwelpryse het in die eerste helfte van verlede jaar gedaal en was daarna baie wisselvallig. In Januarie en Februarie vanjaar het dit gedaal, maar sedertdien weer effens gestyg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot