AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Betogings bedaar in Wes-Kaap

Die arbeidsonrus in die Wes-Kaap het na bewering bedaar, met nog geen betogings wat Donderdag aangemeld is nie.

“Alles is nog doodstil, maar die Polisie is by alle brandpunt-gebiede ontplooi,” aldus kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap. Dié rustigheid volg nadat geweld en betogings die provinsie die afgelope week geteister het.
 
Mnr. Wouter Kriel, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van landbou, sê die brandpunte wat deur die rampbestuursentrum geïdentifiseer is, sluit in Robertson, Bonnievale, Rawsonville, Villiersdorp, Ladismith, De Doorns, die Paarl en Wellington in.
 
Volgens mediaberigte het mnr. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse streeksekretaris van Cosatu, gesê die stakings is vir ’n week lank opgeskort.
 
Skadebepaling
Volgens mnr. Gerrit de Beer, finansiële hoof van die Le Roux boerdery-groep, beweeg werknemers Donderdag (17 Januarie 2013) deur die puin van ’n afgebrande pruimpakstoor op die plaas Sandrivier naby Wellington, om die skade te bepaal. “Ons verwag dat dit etlike miljoene rand gaan beloop.”
 
Dié brand is vermoedelik ’n gevolg van die arbeidsonrus in die provinsie. Dit het vroeg Woensdagoggend (16 Januarie 2013) ontstaan. Dit is ’n pakstoor wat 24 uur per dag in gebruik is en sekerheidsdienste was aan diens by die stoor en op die plaas. Kort voor dié brand ontstaan het, is die sekerheidsdienste by die stoor ontbied na brande wat elders op die plaas ontstaan het.
 
De Beer sê hoewel die voorraad pruime wat in die koelkamer was, nie beskadig is nie, het ’n groot hoeveelheid pruime wat nog nie gepak was nie, in die slag gebly. Hy sê werksaamhede op die plaas gaan voort en hulle het pakplek op ander persele gereël sodat dié werkers wat wil werk, dit kan doen.
 
Openbare verhoor
Intussen het sowat 400 mense Woensdagaand (17 Januarie 2013) ’n openbare verhoor oor plaaswerkerlone in De Doorns bygewoon. Luidens ’n berig in Die Burger het mnr. Pat Marran, ’n gemeenskapsleier in die omgewing, gesê dit sal ’n skande wees as hulle me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, moet hof toe sleep om lone verhoog te kry.
 
Volgens die berig het die gehoor gereeld onrustig geraak en is slagspreuke geskreeu. Me. Magrieta Prins, wat as ’n plaaswerker geïdentifiseer is, het gesê: “Die unies het reeds drie jaar gelede by Goudini-spa met die Departement van Arbeid vergader om te vra dat die minimum loon verhoog word. Daar het niks van gekom nie.”
 
Ander het gemeen dat Oliphant en me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, verantwoordelikheid moet aanvaar vir die hoër lone.
 
Marran het opgemerk dat boere wat sê hulle verskaf gratis behuising, vertel ’n wolhaarstorie.
 
Die verhore duur tot 20 Januarie 2013.
 
Bron: Die Burger

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot