AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Beursie oop vir landbou

Die Tesourie het vanjaar sy beursie groter vir landbou en landelike ontwikkeling oopgemaak

Die Tesourie het vanjaar sy beursie groter vir die landbou en landelike ontwikkeling oopgemaak deur ‘n bykomende R2,2 miljard te bewillig vir werkskepping, die verbetering van voedselsekuriteit en die uitbreiding van landbouproduksie.

Mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, het in sy begrotingstoespraak gesê dat vanjaar se begroting daarop gemik is om die land slimmer, harder en verskillend te laat werk.

Vir die sakesektor, wat die landbou insluit, mik die begroting om beleggings uit te brei deur die modernisering van infrastruktuur en vervoerlogistiek, die versnelling van verdere onderrig en vaardigheidsontwikkeling, ondersteuning van navorsing, tegnologie en belegging in nywerhede.

Hupstoot

Vir klein sake-ondernemings is daar geteikende finansiële en ondernemingsontwikkelingsprogramme en belastingverligting. Steun vir die land se nywerheidsaksieplan is verder ‘n hupstoot gegee.

Belasting en bestedingsmaatreëls word voorgestel wat belegging en handel sal verbeter, klein ondernemings ‘n hupstoot gee en steun vir landelike ontwikkeling en opkomende boere sal versterk.

Oor die volgende drie jaar sal meer as R800 miljard op ekonomiese en sosiale infrastruktuur bestee word. Gordhan het aangedui dat ingesluit in die R2,2 miljard vir landbou- en landelike ontwikkelingsprogramme is R400 miljoen vir omvattende landbousteunprogramme, die toelaag vir grondsorg en geld om ‘n verdere 5 000 jeugdiges vir die landelike jeugdienskorps te werf.

Beskerming van vee

Om ekologiese sensitiewe gebiede van vee te beskerm, is onder die grondsorgprogram R293 miljoen begroot vir omheining. Altesaam R19 miljard sal in die 2011/’12-boekjaar op dié twee programme bestee word. Die bedrag sal in die volgende boekjaar na R21 miljard styg. ‘n Bykomende R2,8 miljard is slegs vir landelike ontwikkeling en die ondersteuning van opkomende boere begroot.

Om te sorg dat die land se padinfrastruktuur verbeter word, gaan R1,5 miljard aan provinsies vir padinstandhouding en weegbrûe. Sowat R800 miljoen oor die volgende drie jaar is ook begroot vir die “groen ekonomie” en die besteding op die geïntegreerde nasionale elektrifiseringsprogram sal in die volgende boekjaar na R3,2 miljard verhoog.

Daar is ook ‘n verdere R3,6 miljard vir waterinfrastruktuur en -dienste, wat insluit geld vir die probleme met suur mynwater. Die Regering en staatsondernemings sal oor die volgende drie jaar ook meer as R800 miljard bestee op nuwe kragstasies, padnetwerke, damme en watertoevoer, spoor- en hawegeriewe, skole, hospitale en regeringsgeboue.

Gordhan het ook gesê dat R1,7 miljard aan die Land Bank oorgedra is en dat sy geldsake aan die verbeter is. “Die direksie van die Land Bank het ingestem om die bank se steun aan opkomende boere te verbeter.” Die bank het sy geldelike uitvoering verbeter en sy wins van R168,1 miljoen in die 2008/’09-boekjaar het na R379 miljoen in 2009/’10 gestyg. In die 2011/’12-boekjaar sal die bank ‘n lening van R750 miljoen kry wat sy toegestaande waarborg na ‘n miljard sal verminder.

Die herkapitalisering van die bank sal oor die volgende twee jaar voltooi word wat die waarborg sal uitskakel. Stappe word ook in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gedoen om plase wat in die moeilikheid geraak het weer op koers te kry.

Die Landbounavorsingsraad kry R775 miljoen. Die invoer- en aksynsbelasting op nuwe voertuie verhoog met die prys van die voertuie. Die huidige tariewe sal egter onveranderd op voertuie onder R900 000 bly. Maar vir dié bo R900 000 sal die belasting na ‘n maksimum van 25% van die huidige 20% verhoog.

Die brandstofheffing sal met 10c/per liter vir petrol en diesel teen 6 April vanjaar styg. Die heffing vir die padongelukkefonds sal ook met 8c na 80c ‘n liter verhoog word. Op 1 Oktober sal daar ook stygings in die belasting vir vliegpassasiers op internasionale vlugte wees.

Gordhan het soos gewoontlik nie versuim om sondebelasting te verhoog nie. Aksynsregte vir alkoholiese drank sal tussen 4,5c en 10,3c verhoog. Dit is ‘n verhoging van 6,4c vir ‘n 340ml blikkie bier, 13,5c per bottel wyn en R2,86 per bottel sterk drank. Tabakprodukte sal tussen 6c en 10,2c verhoog. Rokers sal 80c meer vir ‘n pakkie 20 sigarette betaal.

23 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot