AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beursie steeds styf vasgehou

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se begroting vir die 2013/’14-boekjaar het nie beduidend verhoog nie.

Met die begrotingsbeursie wat steeds met groot omsigtigheid bestee word, het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se begrotings nie beduidend verhoog nie.

Tog word meer geld in die 2013/’14-boekjaar oor die algemeen in ekonomiese dienste gestort wat fokus op landbouproduksie en verspreiding, nywerheidsuitbreiding en die stimulering van sosiaal-ekonomiese ontwikkeling.
Die 2013-begroting is die eerste een wat binne die raamwerk van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) opgestel is.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kry bykans R6,2 miljard en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming net meer as 9,4 miljard. Daarvan kry restitusie en grondhervorming elkeen bykans R3,4 miljard en landelike ontwikkeling R1,2 miljard.

Die NOP identifiseer die landbou as ’n sektor wat werksgeleenthede vir 300 000 huishoudings in die kleinboerskemas kan skep, en teen 2020 altesame 145 000 werke in agri-prosessering en die potensiaal het om die lewensomstandighede van 660 000 plaaswerkers te verbeter.

Mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, sê in sy begrotingsrede die Regering sal voortgaan in sy ondersteuning van kleinboere. Sowat 435 000 bestaansboere en 54 500 kleinboere sal deur middel van dié begroting ondersteun word.

Deur middel van die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) sal die dienste van voorligtingbeamptes uitgebrei en infrastruktuur, wat deur vloede beskadig is, herstel word. Gordhan het uitgewys dat daar vordering is met die bepaling van finansieringsvereistes vir die herstel en rehabilitasie van vloedskade in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.

Daar is ook R129,8 miljoen bewillig om dienste te verbeter, R171 miljoen in die 2013/’14-boekjaar, R214,3 miljoen in die daaropvolgende een en R364,5 miljoen in die 2015/’16-boekjaar vir die bou en modernisering van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) se entstofvervaardigingsfasilliteit en toerusting sowel as vir die kwarantynstasie vir plante op Stellenbosch. Ingesluit daarby is geld vir die Werk vir Visserye-projekte.

Die Landbounavorsingsraad kry R323 miljoen vir gewasproduksie, entstowwe, voorligtingbeamptes en die instandhouding van die nasionale genebank. Altesame R197 miljoen gaan aan landboukolleges vir navorsing, die verbetering van fasiliteite en toerusting en om meer studente in te neem.

Altesame R751,5 miljoen sal aan infrastruktuurprojekte bestee word, waarvan R250 miljoen vir heinings langs die grens met Zimbabwe en Mosambiek om bek-en-klouseer te voorkom, R200 miljoen om boorgate te sink, R54,6 miljoen om geboue en laboratoriums by die kwarantynstasie op Stellenbosch te onderhou en R45 miljoen in die 2013/’14-boekjaar uit die LandCare-toelae vir omheining.

Die Regering se omvattende steunprogram vir die landbou (CASP) kry R2,8 miljard om infrastruktuurondersteuning aan 220 000 bestaande en 80 000 nuwe kleinboere en 380 000 bestaansboere te bied.

Soos gewoonlik het Gordhan nie geskroom om die sondebelasting op te stoot nie. Bier styg met 7,5c tot R1,08 per 340 ml-blikkie, gefortifiseerde wyn styg met 19,5c per 750 ml-bottel, ongefortifiseerde wyn met 15c per 750 ml-bottel en vonkelwyn met 56c per 750 ml-bottel. Sider en alkoholiese vrugtedrankies styg met 7,3c per 330 ml-bottel en spiritualieë styg met R3,60 tot R39,60 per 750 ml-bottel. Verbruikers sal 60c duurder vir ’n pakkie sigarette betaal en pyptabak styg met 32c tot R3,54 vir 25 g.

* 'n Afskrif van die Begrotingsrede is by dié artikel aangeheg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.06
+0.8%
Rand - Euro
17.57
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.46
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,706.45
-1.2%
Silwer
20.08
-4.7%
Palladium
2,225.00
-4.2%
Platinum
910.50
-2.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,012
-1.4%
Alle aandele
65,410
-1.4%
Hulpbronne 10
63,305
-2.0%
Industriële 25
79,059
-1.3%
Finansiële 15
13,937
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot