AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Beurtkrag raak saak van gebed vir boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Onder meer boere wat op besproeiing staatmaak se bedrywighede word tans hewig deur beurtkrag onderbreek.

Buiten om op sonkrag en kragopwekkers staat te maak, blyk gebed boere se laaste uitweg te wees om verligting van Eskom se kragkrisis te vind, sê mnr. Heinie du Toit van Remhoogte Boerdery en voorsitter van Agri Witzenberg.

Hy sê boere het die afgelope 18 maande as noodsaaklike werkers gedurende die covid-19-pandemie hul deel gedoen om die ekonomie aan die gang te hou en voedselsekerheid te verseker. “Ons het ook tonne kos aan mense geskenk. Gedurende die droogtejare het boere mekaar gesteun met onder meer voer. Selfs gedurende die onluste en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng het hulle daarin geslaag om kos aan mense te voorsien.”

Aangesien vrugte- en groenteboere prysnemers is, styg produkte se pryse nie in verhouding met insetkoste nie. “Die prys van chemiese middels en dinge soos kunsmis het die afgelope tyd met 25% tot 30% gestyg. Brandstof, krag, lone . . . alles se pryse gaan net op. Beurtkrag plaas verdere druk op besproeiingsboere. Die kwessies raak al hoe groter.”

Hy sê die Wes-Kaap het gelukkig sover ’n relatief koel seisoen gehad. “Die liewe Vader kyk mooi na ons en daar was nog nie soveel druk op ons besproeiing nie en die reën het gehelp.”

Volgens hom is dit makliker gesê as gedaan om onafhanklik van Eskom te word aangesien dit baie kapitaal verg. “Sonkragstelsels en batterye is duur. Ons hoop om binne die volgende 14 maande beter batterye tot ons beskikking te hê wat meer krag kan opberg en goedkoper is. Kragopwekkers loop op brandstof waarvan die prys die hoogte in skiet. Beurtkrag plaas ekstra druk op ons deur al die bykomende uitgawes.”

Hy sê beurtkrag gooi ’n mens se hele dag en besproeiingskedule omver. “Ons krag is vandag af van 12:00 tot 14:30 en dan kan ek eers my groente begin besproei. My werkdag eindig eers vanaand om 20:00. Beurtkrag het dus ’n effek op mense ook. Jou ure raak langer. Ons kan nie nou oeste afskeep en ophou besproei nie.”

Du Toit is visepresident van Agri Wes-Kaap en lid van Agri SA se afdeling vir ekonomiese uitnemendheid. Hy was gister op ’n vergadering van Agri SA waar boere se vermoë om self krag op te wek en krag terug te voer in die netwerk bespreek is. Tans mag mense wat self krag opwek, ’n maksimum van 100 MW in die netwerk terugvoer.

“Dié perk moet verhoog word. Daar is soveel kragprojekte op plase en by pakskure wat krag in die netwerk kan terugvoer. Hoekom word daar ’n perk daarop geplaas? Hoe meer krag in die netwerk gevoer word, hoe meer krag het Eskom.”

Duidelikheid oor beurtkragskedule

Volgens Du Toit is Eskom ook versoek om meer duidelikheid te gee oor die skedule vir beurtkrag. “Een oomblik is dit fase twee, die volgende is ons terug op fase vier. Hulle moet vir ons beter beplanning gee. Daar moet ook meer kommunikasie wees sodat die georganiseerde landbou deel van die oplossing kan probeer wees.

“Ons sal moet help kyk na oplossings en planne, want die prentjie wat Eskom vir die volgende paar maande vir ons gegee het, lyk nie goed nie. Agri Wes-Kaap het reeds versoeke aan dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, gerig met voorstelle soos dat beurtkrag van 22:00 tot 06:00 moet plaasvind.”

Hy sê die kruks van die saak is dat beurtkrag sleg is vir die landbousektor. “Toe ons ingelig is dat fase drie beurtkrag vir drie maande in die somer kan voortduur, het Agri SA die kwessie begin bespreek. Desember, Januarie en Februarie is spitsbesproeiingsmaande. As jy dan met fase drie en fase vier beurtkrag sit, weet ek nie hoe ons by al die punte sal uitkom nie.”

Die onderbreking van die koueketting is nog ’n gevolg van beurtkrag wat die landbousektor benadeel. “Van besproeiing tot produksie en pak word weens beurtkrag onder druk geplaas.”

Hy sê mense in Eskom wat hulle steeds aan korrupsie skuldig maak, moet vasgevat word. “Ek is bekommerd daardie kwaad sit dieper as wat ’n mens dink.”

Hy vertel hy het besluit om hom by verskeie ander boere aan te sluit wat hulle tot sonkrag wend. “Ek het ses punte vir die besproeiing van groente en vrugte wat ek met sonkrag en kragopwekkers sal moet dryf.

“Ons boere spot altyd dat ons planne net nie moet opraak nie en ons hoop dit bly so. Die belangrikste is dat ons geloof nie moet opraak nie. Solank ons daarin kan vaskyk, het ek nog baie hoop dat daar iemand groter is wat hierdie ding vir ons na ’n ander kant toe kan draai.”

Mnr. John Steenhuisen, DA-leier, het pres. Cyril Ramaphosa se reaksie op beurtkrag gekritiseer. In ’n video wat vandag uitgereik is, sê hy die president rits die land vol om mense te bedank wat vir sy party gestem het, terwyl mense se krag en Suid-Afrika se ekonomie afgeskakel word.

Hy nooi Ramaphosa om die DA se plan vir die kragkrisis te oorweeg wat onder meer behels dat krag deur ’n onafhanklike verskaffer voorsien moet word, tariewe en beperkings op die private opwekking van krag laat vaar word en stede toegelaat word om krag direk by private verskaffers aan te koop.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot