AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Beurtkrag: Ramp vir gewasse onder besproeiing

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Vir besproeiingsboere beteken langdurige fase 5- en fase 6-beurtkrag dié tyd van die jaar besliste verliese en selfs misoeste.

Volgens mnr. Peter Kotzé, ’n boer en voorsitter van die Boegoeberg-watergebruikersvereniging by Groblershoop, is besproeiingstelsels vir onder meer mielies, lusern, wingerd en ander somergewasse ontwerp om tydens die huidige spitstyd vir gewasse se waterbehoefte 19 uur per dag te besproei.

“ ’n Mens kan nie net die druppers, mikrospuite, spilpunte of enige besproeiingstelsel se watertoedieningstempo per uur verander nie.”

Die landbou en Eskom het jare gelede op die Ruraflex-tariefstelsel ooreengekom, waarvolgende boere op dié stelsel nie in sekere spitstye vir algemene kragaanvraag besproei nie om die las op die nasionale elektrisiteitsnetwerk te verlig.

In die somer is die spitstye, genoem rooi tye, van 07:00 tot 10:00 en weer vanaf 18:00 tot 20:00. Die ontwerp van besproeiingstelsels is hierby aangepas sodat dit nie vir boere nodig is om in die rooi tyd te besproei nie Die koste om in die rooi tyd te besproei, is ongeveer 130% meer as in groen tyd of buite spitstyd.

Beurtkrag krap als nou deurmekaar. In fase 6 is die krag van ses tot tien uur per dag af, sodat boere gedwing word om in rooi tyd te besproei. Beurtkrag vergroot die risiko om opbrengste in te boet weens te min pomptyd om in die gewas se waterbehoefte te voorsien.

In die Noord-Kaap is plante se voggebruik en die vogverdamping weens die hitte hoog. “Boere kan nie bekostig om agter te raak met besproeiing nie, maar is reeds ver agter. Insetkoste vir mielies beloop sowat R40 000/ha. ’n Boer moet 8 t/ha oes net om gelyk te kan speel.”

Sonkrag lewer normaalweg net krag om 8 uur per dag te besproei en bied dus nie in dié spitstyd vir plante se wateraanvraag genoeg krag nie. Alle boere kan ook nie sonkrag bekostig nie.

“Waarom kyk Eskom nie na die Oranjerivier-streek en probeer beurtkrag in spitstyd toepas nie? In dié streek, van die Gariepdam tot by die see, is daar net een groot munisipaliteit, naamlik Upington,” sê Kotzé.

Planne om beste van slegte saak te maak

Mnr. Nicol Jansen, ondervoorsitter van Agri SA, sê die organisasie en Graan SA werk aan ’n voorstel vir Eskom waarin hulle met syfers wil motiveer dat sekere landelike gebiede se ekonomieë afhanklik is van ’n florerende landbou-ekonomie en beurtkrag hiér op ’n ander skedule moet werk.

“Die landbou is uniek ten opsigte van die risiko wat langdurige hoë vlakke van beurtkrag inhou. Die landbou is die enigste sektor waar op kort termyn langtermynskade veroorsaak kan word.

“Eenvoudig gestel, ’n ander sektor kan die verliese wat beurtkrag op een dag veroorsaak, die volgende dag minimaliseer deur weer in produksie te wees. Die landbou het in teenstelling daarmee siklusse van ses maande of ’n jaar.

“Indien gewasse op ’n gevoelige tyd weens ’n gebrek aan water skade ly, is dit ’n sesmaande-oes wat weg is, of, in die geval van permanente gewasse, ’n jaar se oes. Dit beteken ’n jaar van geen of minimale inkomste. Die impak is enorm.”

’n Aartappelboer het aan Jansen gesê sy insetkoste beloop van R250 000/ha tot R280 000/ha, terwyl sy grondwaarde R300 000/ha is. “As hy een oes verloor, het hy die waarde van sy bate binne een oes verloor. Geen ander sektor kan met twee weke se hoë vlakke van beurtkrag, op ’n spesifieke kritieke stadium van die oes, sy hele onderneming verloor nie.”

Agri SA wil ’n gesprek met die regering hieroor voer. “Ons wil, soos met die aanvang van die covid-19-inperkings, die landbou en landverwante bedrywe as noodsaaklike diensverskaffers laat verklaar, binne die ramptoestand van te min energie.”

Mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz, het onlangs gesê vir sekere landboubesighede, soos hoenderslagplase en vleisverwerkers, sal dit beter wees om een lang beurtkragskof te hê, gevolg deur twee lang skofte mét krag. Jansen sê dit sal vir die primêre landbou ook verliese verminder.

“Die groot kwessie is egter waar die koueketting gehandhaaf moet word. Ons het produsente wat nou uitvoertafeldruiwe oes en daar is ook ander produkte soos sitrus, sagtevrugte en groente wat uitgevoer moet word. Ook in vleisverwerking raak dit bitter moeilik om die koueketting in ’n lang beurtkragskof te handhaaf.”

Agri SA het al gesprekke met Eskom gevoer oor ’n ander beurtkragskedule, maar Eskom se standpunt was dat die landbou se kragvoorsiening nie van ander ekonomieë s’n geïsoleer kan word nie.

“Ons standpunt is in veral landelike gebiede is ander plaaslike ekonomieë uiters afhanklik van die landbou-ekonomie. So byvoorbeeld neem die verlaagde koringopbrengs in ’n dorpie soos Douglas R300 miljoen uit die besteebare inkomste. Elke sakeman daar sal die impak voel.

“Ons wil met die regering, ingesluit me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en Eskom om ’n tafel sit om te kyk waar ons sones kan identifiseer waar die totale ekonomie hoofsaaklik om die landbou-ekonomie draai, sodat ons die landbou daar ten opsigte van beurtkrag kan akkommodeer. Dit sal tot voordeel van ander sektore wees.”

Jansen sê daar kan byvoorbeeld oorweeg word om in sekere sones in Januarie en Februarie, wanneer dit spitstyd is vir besproeiing van gewasse, laer fases van beurtkrag te gee, en dan weer hoër fases van April tot Junie. Ander ekonomiese sektore sal ook deur die kompromie geraak word.

“Ons moet ondersoek hoe ons na die ekonomie as geheel kan kyk en hoe sektore mekaar kan akkommodeer om die totale impak van dié beurtkrag-ramp op die ekonomie te minimaliseer.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot