AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Beurtkrag vir eers hier om te bly – Eskom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Beurtkrag sal nog vir die volgende 18 maande met ons wees, sê Eskom.

Beurtkrag is hier om te bly totdat daar bykomende kapasiteit is en behoorlike onderhoud van bestaande aanlegte moontlik is, sê mnr. Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom. Hoewel hy huiwerig is om ’n tydperk daaran te koppel, reken hy dat sal nog tussen ’n jaar en 18 mande kan duur.

Oberholzer, wat by Agri SA se jaarkongres in Pretoria gepraat het, het gesê daar lê ’n moeilike volgende jaar voor. Hy glo egter daar is ’n verbetering in die kragsituasie. “Was dit nie vir alles wat ons die afgelope twee jaar gedoen het nie, sou die situasie baie erger gewees het.”

Hy glo daar moet dalk die ernstige stap gedoen word om byvoorbeeld fase 2-beurtkrag oor ’n lang tydperk in te stel. “Almal, wat boere ook insluit, kan dan hul lewe daarvolgens reël en beplan. Dit kan ons dan die geleentheid gee om behoorlike onderhoudswerk en ander noodsaaklike take af te handel.”

Hy het gesê op die oomblik is daar nie die luukse om onderhoudswerk te doen wanneer dit nodig is nie. Indien daar ’n kragtekort is, moet hierdie eenhede so vinnig as moontlik weer in werking gestel word. Daar is ’n kapasiteitstekort van tussen 4 000 MW en 6 000 MW op die oomblik en hernubare krag alleen gaan nie daarvoor kan opmaak nie.

In die volgende 12 tot 15 jaar sal 9 uit 15 kragstasies gesluit moet word weens ouderdom. Die opwekkingsvermoë is nagenoeg 40 000 MW waarvan sowat die helfte gaan wegval. Hy het gesê vir 24 jaar al pleit hulle vir nuwe opwekkingsvermoë, maar altyd was daar iets wat dit verhoed het, soos die Wêreldbekertoernooi in 2010. Dit het veroorsaak dat die ou kragsentrales teen 92% van hul vermoë benut word, terwyl dit volgens wêreldstandaarde nie meer as 65% behoort te gewees het nie. In die volgende 15 jaar sal 60 000 MW se kapasiteit gevestig moet word.

Wat die Koeberg-kernkragsentrale betref, is sy leeftyd oor drie jaar verby, maar dit gaan met ’n tydperk van 20 jaar verleng word. Dit gaan beteken dat daar vir meer as ’n jaar lank 1 000 MW nie beskikbaar gaan wees nie.

Kernkrag

Oberholzer wat ook aan ’n debat deelgeneem het oor volhoubare infrastruktuur om ’n toename in landbouproduksie moontlik te maak, het gesê Eskom is ten gunste van kernkrag en kyk na kleiner modulêre reaktors. “Van die kragsentrales wat ons sluit, se terrein kan ideaal wees vir hierdie reaktors, want daar is 500 meter veiligheidsgebiede wat nodig is.”

Wat Eskom se verhouding met die landbou-sektor betref, glo hy daar moet nouer skakeling wees. “Daar moet groter begrip wees oor hoe beurtkrag boerderye beïnvloed en daar moet ’n toegespitste benadering wees vir mekaar se bedrywe sodat daar kollektief beter oplossing gevind kan word.”

Eskom, The Logistics Group
Mnre. Jan Oberholzer (Eskom), Wandile Sihlobo (Agbiz) en Anton Potgieter (The Logistics Group) tydens die bespreking. Foto: Nico van Burick

Mnr. Anton Potgieter, uitvoerende hoof van The Logistics Group, wat kyk na die moontlikhede van private spoorvragvervoer, het gesê hulle is in verskeie ander lande in Afrika betrokke en hul model werk daar ondanks gebreke met infrastruktuur. Die probleem plaaslik lê by die hele burokratiese stelsels in die land en nie by Transnet nie.

“Die voorgestelde beleid vir die oopstelling van die spoornetwerk is in 2009 al ingedien, maar eers vanjaar deur die parlement goedgekeur. Ons kan mos nie 30 jaar wag vir die burokratiese proses om afgehandel te word nie.”

Mnr. Wandile Sihlobo, senior ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, het gesê ondanks al die probleme en tekortkominge voer Suid-Afrika rofweg 51% van wat geproduseer word uit en laasjaar was dit ’n rekord $12,4 miljard. “Dit was nie net ’n rekord in geldwaarde nie maar ook wat volumes betref. Ondanks al die tekortkominge bly die sektor relatief kerngesond.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot