
Luidens ’n verklaring deur Eskom sal vlak 2-beurtkrag Woensdag van 05:00 tot 16:00 geld. Daarna sal vlak 3-beurtkrag toegepas word.
Eskom onderneem om verbruikers op hoogte te hou indien die skedule verander.
Sedert Saterdag het twee opwekkingseenhede by die Arnot-kragsentrale onklaar geraak, terwyl ’n eenheid elk by die Camden-, Duvha- en Kendal-kragsentrale vanlyn is vir herstelwerk.
Die herstel van eenhede by die Kendal- en Lethabo-kragsentrale is vertraag, terwyl ’n eenheid elk by die Duvha- en Lethabo-kragsentrale weer aanlyn gebring is.
Die verlies aan opwekkingskapasiteit weens onklaar opwekkingseenhede is tans 15 215 MW en 5 199 MW weens beplande herstelwerk.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.