
Te midde van toenemende druk uit landbougeledere kom Eskom se aankondiging van verhoogde vlakke van beurtkrag nadat verdere opwekkingseenhede onklaar geraak het.
Vlak 5-beurtkrag geld vanaf vanoggend 05:00 tot Saterdagoggend 05:00. Daarna sal vlak 4-beurtkrag volg tot Saterdagmiddag 16:00 waarna vlak 5-beurtkrag sal geld tot Sondagoggend 05:00.
Vanaf Sondagoggend 05:00 sal vlak 4-beurtkrag geïmplementeer word tot Sondagmiddag 16:00 wanneer vlak 5-beurtkrag weer tot middernag sal geld.
Luidens ’n verklaring het opwekkingseenhede by die Camden-, Kendal-, Lethabo- en Majuba-kragstasies onklaar geraak. Daar is ook opwekkingseenhede by die Majuba- en Tutuka-kragstasies wat weer aanlyn gebring moet word.
Volgens Eskom is die verlies aan opwekkingskapasiteit tans 15 977 MW.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.