
Eskom het pas aangekondig dat in die afgelope 24 uur ses opwekkingseenhede onklaar geraak het, waarvan 'n eenheid elk by Duvha en Hendrina nog nie terug in diens geneem is nie.
Daarbenewens is 'n opwekkingseenheid elk by Matla en Arnot weer aan die werk. Daar is egter 'n oponthoud om opwekkingseenhede Duvha-, Kendal-, Grootvlei- en Kriel-kragstasies weer aanlyn te kry.
Vlak 5 geld vanaf 12:00 vanmiddag tot 21:00 vanaand waarna vlak 6 sal geld tot 05:00 Woensdagoggend.
Vlak 5 sal vanaf 05:00 Woensdagoggend tot verdere kennisgewing geld. Eskom het dié aankondiging gemaak kort ná die ANC tydens ’n mediakonferensie oor die party se nasionale uitvoerende komitee se lekgotla gesê het beurtkrag moet teen die einde van die jaar iets van die verlede wees.
Die ANC het ook gevra ’n nasionale ramptoestand moet weens die impak van beurtkrag afgekondig.