AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beveilig jou plaas só, sonder dat dit sakke vol geld kos

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
“As ’n misdadiger jou wil aanval, is daar min wat jy kan doen om dit te voorkom as jy ’n maklike teiken is, maar as jy jouself en jou omgewing ’n moeilike teiken maak, kan jy die misdadiger afskrik.”

Só het dr. Jane Buys, veiligheidrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), op die Nampo-oesdag in ’n sessie oor veiligheid opgemerk. Sy het gepraat oor die misdaadneigings op Vrystaatse plase die afgelope drie jaar en wat hulle oor voorvalle en die modus operandi van misdadigers kon vasstel. 

Buys het gesê daar is gesofistikeerde stelsels waarmee individue hulself en hul eiendom veilig kan hou. Almal het egter nie ewe veel geld om op veiligheid te bestee nie.

Sy het gesê boere kan hul omgewing beter beveilig sonder dat dit hulle baie geld kos. Dit is belangrik vir ’n boer om by ’n plaaslike veiligheidsgroep of -inisiatief aan te sluit, sodat hy ook ingelig kan wees as inligting oor verdagte persone of voertuie in die omgewing uitgeruil word. 

“En onthou, jou belangrikste bate ten opsigte van inligting is dikwels jou werkers. Hulle beweeg ook rond in die onmiddellike omgewing, die dorp of die township en hoor baie kere dinge wat kan bydra daartoe dat ’n voorval voorkom kan word. Daar was al gevalle in die Vrystaat waar mense deur die loop van ’n aand bewus geword het van ’n beoogde aanval, om 02:00 by ’n polisiekantoor ingestap, dit aangemeld en sodoende ’n aanval help voorkom het,” sê Buys.

Wenke

Die wenke wat Buys gegee het oor hoe om jouself veilig te hou, sluit in:

  • As jy iets verdag buite die huis hoor, veral snags, moenie uitgaan nie. Kontak eerder jou bure, werkers en/of aktiveer die veiligheidsgroep sodat iemand jou kan bystaan as daar verdagtes is wat jou leed wil aandoen.
  • Beveilig jou huis. In sommige gevalle het vensters nie diefwering nie en deure het nie veiligheidshekke nie. Deure en/of vensters word ook oop gelos. Deur bloot deure te sluit en vensters toe te maak en te beveilig kan jy die misdadiger twee keer laat dink oor of sy beoogde dade die moeite werd is.
  • Hou die ligte binne jou huis af as jy iets buite hoor. Buys het gesê ’n boervrou in die Vrystaat kon ’n aanval afweer toe sy die ligte binne haar huis afgehou het nadat sy van die verdagtes bewus geword het en sy in die donker na veiligheid kon vlug. “Van almal weet jy die beste hoe jou huis en/of vertrekke uitgelê is, gebruik dit in die donker tot jou voordeel.”
  • Hou ’n klein hondjie binne die huis aan, en groter honde met goeie gehoor buite die huis, sodat hulle alarm kan maak as hulle van verdagtes bewus raak. Moet dit ook nie ligtelik opneem as jou diere vergiftig word nie. Meld dit by die polisie en in jou veiligsheidnetwerk aan – dit kan ’n voorloper wees van ’n plaasaanval.
  • Ander gebeure wat ook as voorlopende tekens van ’n moontlike aanval kan dien, is brandstigting, kwaadwillige saakbeskadiging en intimidasie deur onder meer die stuur van dreigende boodskappe.
  • Pas streng sleutelbeheer toe. Moenie voertuie se sleutels in die aansluiter los nie, bêre dit op ’n sentrale plek. Beheer wie toegang tot die huis en/of waenhuis en plaaswerf se sleutels het, en as sleutels weg raak, vervang die betrokke slot of slotte. Die sleutel het moontlik nie bloot weggeraak nie.
  • Wees bewus van die besonderhede en werkgeskiedenis van mense wat op ’n plaas in diens geneem word. Volg die korrekte arbeidspraktyke, gaan die mense se identiteitsdokumente na en stel saam met die polisie ’n werknemersrooster op.
  • As jy van die dorp af of ná ’n aand uit by die huis kom, moenie net bloot by die plaaswerf inry of by die huis instap nie. Slaan ag op moontlike veranderings op die werf en wees op die uitkyk vir dinge wat verdag kan lyk, soos ’n deur wat oop staan of gebreekte vensters.
  • Dit is ook raadsaam om net een ingang en uitgang op die plaaswerf te hê, dis makliker om toegangsbeheer toe te pas.
  • Vermy liefs groot bome of struike wat ruig groei op plaaswerwe, veral naby toegangshekke, aangesien dit as goeie wegkruipplek vir misdadigers kan dien.
  • Boere moet hulself en hul gesinne bemagtig met inligting en gebeurlikheidsplanne hê wat hulle, saam met hul gesinne en werkers, kan inoefen sodat almal kan weet wat moet gebeur en wie moet wat doen tydens ’n krisis. Sluit jou werkers by die plan in. Werkers word gereeld aangeval en hul veiligheid moet ook voorrang geniet.
  • Vermy roetine sover as moontlik, of pas jou roetine gereeld aan. “Dit het onder ons aandag gekom dat misdadigers wat in die afgelope drie jaar al vir plaasaanvalle in hegtenis geneem is, aangedui het dat hulle die aanval maklik kon uitvoer omdat hulle die boer en sy gesin se roetine vir ’n paar dae dopgehou het en dus geweet het wanneer om toe te slaan.”
  • Versteek ’n selfoon of tablet wat gelaai is, sodat jy iemand kan kontak vir hulp as die misdadigers jou selfoon tydens ’n aanval afneem.

Buys het gesê volgens die statistieke oor plaasaanval wat hulle al die afgelope drie jaar in die Vrystaat byhou, is 50% tot 60% van slagoffers 50 jaar of ouer.

Met sowat 80% van die voorvalle is twee tot ses aanvallers betrokke, met twee tot vyf slagoffers wat in sowat 40% van die aanvalle geraak word. Statistieke dui daarop dat aanvallers se ouderdom in die algemeen wissel van 20 tot 35 jaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot