AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Bier-reus beloof R1 miljard vir markgroei

Een van Anheuser-Busch InBev se belangrikste doelwitte is om Suid-Afrika teen 2021 ’n netto uitvoerder van mout en hops te maak.

Anheuser-Busch InBev, die biermaatskappy wat beplan om SABMiller te verkry, sal R1 miljard in die Suid-Afrikaanse bierbedryf belê om ontluikende en kommersiële boere te ontwikkel en produksie te verhoog.

Me. Kathleen van Boxelaer, mediawoordvoerder van Anheuser-Busch InBev, het per e-pos gesê een van die maatskappy se belangrikste doelwitte is om Suid-Afrika teen 2021 ’n netto uitvoerder van mout en hops te maak.

"Verhoogde produksieteikens sal gehaal word deur bykomende geleenthede en groter doeltreffendheid in besproeiing op bestaande en nuwe lande, deur ontluikende boere op kontrakbasis aan boord te kry en op te lei en kommersiële boere en ontluikende boere by ons SmartBarley-program te betrek."

Hulle beplan ook om die produksie van hops te vergroot met die hulp van bestaande en ontluikende boere. Van Boxelaer sê hul definisie vir ’n ontluikende boer is bestaansboere en kleinboere wat probeer om kommersiële boere te word.

Die bedrag sal nie net aan boer-ontwikkeling en die verhoging van mout- en hopsproduksie bestee word nie, maar ook om die ontwikkeling van ondernemings, plaaslike vervaardiging, uitvoer- en werksgeleenthede te ondersteun.

Dit was deel van ’n "pakket" van beloftes wat die maatskappy gemaak het toe dit in April die ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling gesluit het. Behalwe die ontwikkeling van die bedryf, het hulle ook onderneem om te help om alkoholmisbruik te verlaag deur lae alkohol of alkoholvrye dranke aan verbruikers beskikbaar te stel, en deelname van klein bierbrouers aan die plaaslike markte te ondersteun.

Van Boxelaer sê die ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Regering is ’n belangrike stap in die proses om die maatskappy se samesmelting met SABMiller goedgekeur te kry. "Goedkeuring van die Suid-Afrikaanse mededingingsowerheid (mededingingskommissie en mededingingstribunaal) is ’n voorvereiste vir die globale transaksie en ons glo hierdie ooreenkoms met die Regering sal die Mededingingskomissie help om sy ondersoek te finaliseer."

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot