AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bitterbek werknemer rig glo groot skade aan tafeldruifwingerd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Skermgreep
Foto: Skermgreep
’n Tafeldruifboer van Groblersdal is ’n opbrengs van meer as R400 000 kwyt nadat ’n onlangs afgedankte werknemer vermoedelik sowat 270 wingerdstokke se stamme afgesny het.

Volgens mnr. William Borchers van die Golden Mile-landgoed het dié werknemer, wat oorspronklik van Zimbabwe afkomstig is, in 2013 by hom begin werk. Sy paspoort en alle nodige permitte was in orde.

In 2014 het die werker ’n trekker omgegooi wat toe in ’n kanaal beland het. Borchers gee toe dat hy kwaad was en die man in die kanaal gestamp het, maar hulle het daarna vrede gemaak en ’n goeie werkverhouding gehad.

Volgens Borchers was daar daarna verskeie gevalle van kabeldiefstal en ander werkers wat op die plaas aangeval is. “Al die inligting het daarop gedui dat hierdie spesifieke werker by ’n misdaadnetwerk betrokke is, veral wat die kabeldiefstal betref.”

Borchers sê die situasie het so onhoudbaar geraak dat hulle die werker, wat op die plaas gewoon het, gevra het om nie meer op die plaas te woon nie. “Dit was baie moeilik om hom op heter daad te betrap. Dit was die probleem.”

Hy vertel dat ’n klomp kabels op ’n Saterdagaand toe hy en sy gesin elders was, uit ’n skuur op die plaas gesteel is. Weer eens het die inligting wat hy oor die voorval ontvang het, daarop gedui dat die spesifieke werker daarby betrokke was.

Borchers het die werknemer op 2 Junie vanjaar ingelig dat hy op 6 Junie om 08:00 ’n tugverhoor sou hê. Die werker het nie betyds vir die verhoor opgedaag nie. Dit het in sy afwesigheid voortgegaan en daar is besluit dat die werker afgedank moet word. Die werker het wel later die dag opgedaag en die afdanking, asook ’n diensbeëindigingspakket van R9 720 aanvaar.

Toe die geld in die werker se rekening inbetaal is, het hy Borchers egter begin afpers. “Hy het aangevoer dat ek hom met die kop gestamp het en dat hy R150 000 wil hê omdat hy as gevolg daarvan skade aan sy oë opgedoen het. Ek het nog nooit enigiemand met die kop gestamp nie en hy het geen oogskade nie. Daar is ook geen mediese rekord van oogskade nie.”

Dreigemente

Daarna het die voormalige werker verskeie dreigemente op WhatsApp gestuur om vir Borchers te sê dat die geld onmiddelik oorbetaal moet word, asook dreigemente rondom Borchers se vrou en kinders. “Ek het die plaaslike staatsaanklaer om raad gevra. Hy het gesê ek moet so gou as moontlik ’n klag by die Groblersdal-polisiekantoor lê.”

Borchers het die dreigemente wat hy op WhatsApp ontvang het, op papier gedruk en na die polisiekantoor geneem om te laat waarmerk en ’n saak van intimidasie te open. “Hulle het eenvoudig geweier. Hulle het gesê omdat ek hom jare gelede in die kanaal gestamp het, sal ek ’n ander roete moet volg.”

Hy is toe terug na die staatsaanklaer wat hom gehelp het om ’n interdik teen die voormalige werker te bekom. Toe daar ’n maand later op 16 September ’n hofverskyning was om die interdik permanent van krag te maak, het die voormalige werker hom weer voor die landdros gedreig en gesê dat hy op Borchers wraak sou neem.

Dit was blykbaar nie ’n ydele dreigement nie. Ná die hofverskyning is vergiftigde vleis rondom Borchers se huis gevind. Sekuriteitswagte het dit gelukkig voor sy honde gevind. Hy moes ook sy vrou en kinders, wat tuis onderrig word, vir twee weke van die plaas af wegstuur. Hulle het onlangs teruggekeer, kort voordat die voormalige werker vermoedelik sowat 270 wingerdstokke afgesny het.

Reuse-verlies

Die onmiddellike verlies is ’n tafeldruifoes ter waarde van meer as R400 000, wat vir die uitvoermark bestem was. As die plante nie herstel nie en in Julie volgende jaar herplant moet word, sal dit ’n verdere vier jaar duur voor die nuwe plante ’n oes lewer.

Vir Borchers is die impak wat die voorval op die plaaslike tafeldruifbedryf se beeld in die uitvoermark het, net so belangrik. “Die skep onstabiliteit. Ons het 55 heeltydse en ten minste 320 tydelike werknemers. Dit het ’n impak op almal se lewensbestaan.”

Aangesien die polisie tot dusver nie juis hulpvaardig was nie, verwag Borchers nie dat sy voormalige werknemer vasgetrek sal word as hy die skuldige is nie. “Hy is welbekend in die gebied, almal weet waar hy bly. Hy is al vantevore in hegtenis geneem vir die oortreding van immigrasiewetgewing en bestuur sonder ’n geldige lisensie. Hulle het hom net laat gaan. Dit is vir my ’n aanduiding van die situasie waarin die land homself ten opsigte misdaad bevind.

“Ons kort bewyse dat hy die een is wat die stamme afgesny het. ’n Mens sou dink dat die feit dat hy my, my vrou en my kinders gedreig het genoeg sou wees om te bewys dat hy ’n misdadiger is, maar dit is duidelik nie.

“Ek glo steeds dat ons goeie polisiebeamptes in Suid-Afrika het. Volgens my word hulle deur die regstelsel in die steek gelaat.”

Intussen kan Borchers niks verder doen as wag en kyk of die plante, waarvan die druiwe oor drie weke geoes sou word, teruggroei nie. Indien dit nie teruggroei nie, sal nuwe wingerdstokke bestel en aangeplant moet word.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.29
+0.2%
Rand - Euro
18.33
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,767.70
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,875.00
-1.3%
Platinum
999.42
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot