AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9817
43,00
CORN
30 Mrt
-
4139
-12,00
SOYA
30 Mrt
-
8200
-43,00
SUNS
30 Mrt
-
8815
-4,00
WEAT
30 Mrt
-
6674
-5,00
WMAZ
30 Mrt
-
3843
-8,00
YMAZ
30 Mrt
-
4055
-11,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

BKB is nou ’n genoteerde maatskappy

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is mnre. Johan Stumpf, besturende direkteur van BKB, Geoff Kingwill, voorsitter van BKB, en Eugene Booysen, uitvoerende hoof van die Kaapstadse aandelebeurs, met ’n sertifikaat vir ’n ster wat die CTSE vir BKB gekoop het om die maatskappy op die beurs te verwelkom. “Daar waar ek woon, sal ek die ster kan sien,” het Kingwill, wat op Murraysburg woon, droogweg laat hoor. Dis ’n gebruik op die CTSE om nuwe toetreders op dié wyse welkom te heet. Foto: Lucille Botha
Van links is mnre. Johan Stumpf, besturende direkteur van BKB, Geoff Kingwill, voorsitter van BKB, en Eugene Booysen, uitvoerende hoof van die Kaapstadse aandelebeurs, met ’n sertifikaat vir ’n ster wat die CTSE vir BKB gekoop het om die maatskappy op die beurs te verwelkom. “Daar waar ek woon, sal ek die ster kan sien,” het Kingwill, wat op Murraysburg woon, droogweg laat hoor. Dis ’n gebruik op die CTSE om nuwe toetreders op dié wyse welkom te heet. Foto: Lucille Botha
Die landboumaatskappy BKB is nou op die Kaapstadse aandelebeurs genoteer ten einde ’n beter platform te skep om sy aandele te verhandel.

Die landboumaatskappy BKB het vanoggend (10 Maart) sy buiging op die Kaapstadse aandelebeurs (CTSE) gemaak.

Mnr. Johan Stumpf, besturende direkteur van BKB, het tydens die geleentheid in die Kaapse voorstad Woodstock gesê die maatskappy het sowat 4 600 aandeelhouers wat al die afgelope 20 jaar aandele oor die toonbank verhandel.

“Die rede waarom ons noteer, is om ’n beter platform vir hulle te skep om aandele te verhandel. Sedert wetgewing verander het, het dit moeilik geraak vir kopers en verkopers om mekaar oor die toonbank te vind. Die CTSE het vir ons ’n goeie geleentheid gebied om vir ons aandeelhouers ’n platform te skep waar hulle die prys (van aandele) kan vasstel.”

Volgens hom bied die CTSE, wat hoofsaaklik vir klein- en mediumgrootte ondernemings geskep is, “gebalanseerde” reëls, wat minder streng is as die Johannesburgse aandelebeurs. “Dis goed vir ons om in ’n gereguleerde omgewing te wees, want jy is ewe skielik in die openbare oog.”

Hoewel Stumpf nie verwag dat daar ’n vinnige verskuiwing in aandeelhouding gaan wees nie, glo hy die digitale verhandelingsplatform en beter prysvasstelling gaan likiditeit skep, wat weer op langer termyn waarde vir aandeelhouers kan bring.

“Dis nie op dié stadium ’n groot doelwit om institusionele beleggers te trek nie, maar ek dink jy sal wel vind dat hulle op langer termyn in ons gaan belang stel.”

Groei teen 7,4% per jaar

BKB, wat 103 jaar oud is, het die afgelope 15 jaar sy besigheid uitgebrei om nie net in die vee- en wolbedryf betrokke te wees nie. Hy is ook by die voedselbedryf betrokke met onder meer suiker- en suikerboonhandelsmerke, en ’n rosyntjie-uitvoerbesigheid. Buiten die wolmakelaarsdienste, verhandel hy ook self wol.

Volgens mnr. Jannie van Niekerk, BKB se finansiële direkteur, het die waarde van die besigheid sedert 2017 tot die afgelope boekjaar van R9,9 miljard tot R13,2 miljard gegroei. Dis ’n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 7,4%.

Stumpf sê hulle verwag om vorentoe organies te groei, maar meen ook daar is geleenthede om van hul besighede uit te bou.

“Ons sal ’n gediversifiseerde onderneming bly, sodat ons nie net blootgestel is aan een sektor nie. Ons sien uit daarna om waarde te skep vir ons aandeelhouers en een van die toplandboubesighede in die land te bly.”

Belangrikheid van beurs

Volgens mnr. Eugene Booysen, uitvoerende hoof van die CTSE, moet maatskappye wat op dié beurs noteer, aan meer as net die maatskappyewet voldoen.

“Die maklikste manier om te besluit oor wie op die beurs kan noteer, is om te gaan kyk na die maatskappy se impak op die gemeenskap waar dit sake doen. BKB is meer as ’n eeu oud, dis ingebed in sy gemeenskap, het meer as 1 500 werknemers in diens en sowat 62 000 kliënte. As dit nie ’n maatskappy is met ‘n teenwoordigheid en visie nie, dan weet ek nie wat is nie.”

Volgens hom het aandelebeurse ’n belangrike rol om te speel in Suid-Afrika.

“As ons ernstig is oor kapitaaltransformasie en om die Suid-Afrikaanse ekonomie te laat groei, moet ons kapitaal sit in die hande van maatskappye wat ’n verskil kan maak. Ons soek na groeigedrewe maatskappye wat in hul personeel en in innovasie belê. BKB het innovasie en doeltreffendheid as die belangrikste komponente van sy visie vir die toekoms gestel.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
+0.1%
Rand - Pond
22.35
-0.2%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.13
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
967.60
-0.1%
Palladium
1,433.34
-1.1%
Goud
1,966.16
+0.1%
Silwer
23.60
+1.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,407
+0.8%
Alle aandele
77,033
+0.7%
Hulpbronne 10
67,768
+1.7%
Industriële 25
103,774
+0.5%
Finansiële 15
15,680
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot