
Nóg ‘n rekordprys is vir ‘n eksotiese Witsaalrug Blesbokram betaal. Die bedrag wat op die Kirkwoodse wildveiling uitgehaal is, was R7,8 miljoen.
Theuns Botha, Landouweekblad se joernalis wat die wildveiling op Kirkwood bygewoon het, het laat weet dat dié bokram in sy afwesigheid geskitter het, maar dat die kopers hul foto darem getwiet het.
Lujidens ’n berig op Beeld se webwerf het dié bruin-en-wit blesbok het die kollig gesteel op die 13de Absa Kirkwood Wildsfees toe Phillip Mostert van Gamevest, ’n wildplaas in die Noord-Kaap, R7,8?vir die bok Top Deck, betaal het. Top Deck se broer, Mnumzane, is in Mei vir R4,2?miljoen op ’n veiling in Limpopo verkoop.
En toe betaal Mostert ook nog R975?000, ’n rekordprys, vir een van die 30 siektevrye Addo-buffels.