AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Blink toekoms vir hoender, skaap

Die verbruik van hoender- en skaapvleis gaan oor die komende 10 jaar aansienlik toeneem, meen dr. Ferdie Meyer van BFAP.

Die verbruik van hoender- en skaapvleis gaan oor die komende 10 jaar aansienlik toeneem, meen dr. Ferdie Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP).


Meyer het Woensdagaand (15 September) afgevaardigdes by die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se nasionale jaarkongres in Magaliesburg toegespreek.


Volgens Meyer gaan die verbruik van hoender internasionaal vir die volgende dekade jaarliks toeneem met 2,5%. “Die verbruik van hoender gaan dus met 25% toeneem, en ons verwag dat die verbruik van beesvleis met 14,5% gaan styg terwyl varkvleisverbruik met 23,3% gaan toeneem.”


Die Suid-Afrikaanse mark

Wat plaaslike verbruik aanbetref voorspel Meyer ook ‘n toename in hoenderverbruik, met skaapvleis as die tweede gewildste vleissoort. Volgens Meyer gaan die verbruik van hoender in Suid-Afrika tot 2020 met 42% toeneem, terwyl die verbruik van skaap- en varkvleis onderskeidelik met 31% en 14% gaan toeneem. Sowat 17% meer beesvleis sal gebruik word.


“Dié voorspellings is gebaseer op stabiele ekonomiese groei van sowat 4% per jaar,” verduidelik hy.


Meyer sê die verbruik van skaapvleis het die afgelope paar jaar toegeneem. Volgens die statistiek voorspel Meyer die verbruik van skaapvleis kan ná 2014 tot 45kg per persoon per jaar toeneem.


“Dit is wel duidelik dat die verbruik van skaapvleis toegeneem het weens die groot aantal goedkoop invoere wat die land binnekom. Hopelik kan dié neiging verander. Dit is ook opmerklik dat die verbruik van skaapvleis sensitief is tot verbruikers se toegang tot inkomste,” verduidelik Meyer.


Kommer oor statistiek

“Kommer bestaan wel oor die gebrek aan behoorlike statistiek rakende vleisverbruik in die land. Daar is ‘n ernstige leemte wat aangespreek moet word,” sê Meyer.


Volgens Meyer verskil BFAP se statistiek oor verbruik aansienlik van dié van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. BFAP se statistiek dui aan dat vleisverbruik in 2009 op sowat 680 000 ton te staan gekom het, terwyl die departement se statistiek aandui dit is net meer as 800 000 ton.


Meyer sê hulle kyk na die moontlikheid van ‘n kwartaallikse verslag oor vleisverbruik in Suid-Afrika, terwyl die Regering ook ander moontlikhede in dié verband oorweeg.


16 September 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot