AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Blinkvet jaar wag vir rooivleis – RPO

Die geleenthede vir die uitvoer van rooivleis, rooivleisprodukte en teelmateriaal was nog nooit so gunstig soos nou nie.

Die nasionale RPO is opgewonde oor die moontlikheid om vleis na China uit te voer, sê mnr. Gerhard Schutte, hoof uitvoerende beampte van die organisasie.

Weens Suid-Afrika se dieregesondheidstatus kan hy nie regstreeks na China uitvoer nie, maar wél na verskeie Afrikalande, soos Lesotho. China wil glo ’n slagplaas in Lesotho vestig en dan beeste in Suid-Afrika koop, met die doel om dit by die slagplaas te slag en die vleis na China te verskeep.

Die Ebola-gevaar in ander Afrikalande het die Chinese egter nou só senuweeagtig dat hulle dié ambisieuse plan glo uitgestel het.

Gerhard sê een van die grootste geleenthede in die rooivleisbedryf is om opkomende boere te mobiliseer en te kommersialiseer. Tans maak die opkomende sektor reeds 40% van alle rooivleisboere uit en 1,2 miljoen huishoudings besit lewende hawe.

Die ontwikkeling van handelsmerke vir uiteenlopende markte kan ook voordelig wees vir die bedryf. “Die RPO het die Universiteit van die Vrystaat gevra om ’n rekenaarmodel te ontwikkel oor osstelsels versus speenkalfproduksie. Ons sien daarna uit om dit binnekort bekend te stel,” sê Schutte.

Die vraag na rooivleis gaan bly styg en kan in 2020 al 25% hoër as nou wees. Suid-Afrika sal dus meer rooivleis moet produseer.

Dit kan net gedoen word deur groter intensifisering, beter tegnologie en presisieboerdery. Laasgenoemde is iets wat boere beslis moet oorweeg.

Rooivleispryse vir die boer is tans 20% hoër as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Ná daardie droogte het dit goed en wyd gereën. Suid-Afrika is nou in ’n kuddeboufase en die huidige produsentepryse behoort vanjaar gehandhaaf te word.

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) skets ’n gunstige prentjie vir die rooivleisbedryf in die volgende dekade.

Die buro is onder die bestuur van dr. Ferdi Meyer en bestaan uit 45 ontleders en kundiges wat hul kennis saamvoeg om die voedsel-en-drankbedryf besluite te help neem.

Die BFAP verwag vleispryse sal oor die volgende dekade bly styg en teen 2023 op R50/kg staan. ’n Jaarlikse gemiddelde groei van 6,4% sal genoeg wees om inflasie te oortref en oor tien jaar ’n effense verhoging in reële vleispryse in die hand te werk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
+0.0%
Rand - Pond
19.35
-0.1%
Rand - Euro
17.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,630.32
+0.5%
Silwer
18.42
+0.3%
Palladium
2,073.50
+1.5%
Platinum
852.40
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot