AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Bloed-entstof vir bosluissiektes weer beskikbaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Bloed-entstof teen Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmose is weer by Onderstepoort Biologiese Dienste (OBP) beskikbaar.

Boere en veeartse het OBP in Februarie in ’n openbare skrywe gekritiseer oor entstoftekorte en die swak bestuur daarvan.

Talle veeartse met wie Landbou.com gepraat het, sê daar is baie meer bosluise as normaalweg vanweë die hoë temperature en baie reën in provinsies soos Noordwes, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, KwaZulu-Natal en dele van die Oos- en Noord-Kaap.

“Hoewel daar nou baie meer bosluise as normaalweg is, is dit belangrik om te onthou dat hierdie bloed-entstowwe vir bosluisoorgedraagde siektes reg deur die jaar beskikbaar behoort te wees. Dis baie belangrik om jong vee betyds in te ent,” sê dr. Peter Oberem, besturende direkteur van Afrivet.

Op Afrivet se jaarlikse simposium in Augustus vanjaar was daar weer skerp kritiek teenoor OBP oor entstoftekorte. Dit het toe aan die lig gekom dat die Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut (OVI) gereed is om entstowwe te vervaardig, maar dat daar ’n vertraging is omdat OBP nie bestellings vir entstowwe plaas nie.

Met Landbou.com se navrae hieroor aan OBP was daar eers stilswye. Mnr. Luvuyo Mabombo het egter op 28 November in ’n e-pos aan Landbou.com laat weet dat bloedentstof vir bosluisoorgedraagde siektes nou weer beskikbaar is.

Aanvraag en beskikbaarheid

Luvuyo sê die huidige beskikbaarheid van buisies en die agterstand in bestellings is as volg:

  • Afrika-rooiwater: Bestellings vir 957 buisies is geplaas en 14 000 buisies is beskikbaar.
  • Asiatiese rooiwater: Bestellings vir 1 049 buisies is geplaas en 16 000 buisies is beskikbaar.
  • Hartwater: Is al ’n rukkie gelede begin verkoop en daar is tans nog 8 000 buisies beskikbaar.
  • Anaplasmose: Bestellings vir 522 buisies is geplaas en 17 000 buisies is beskikbaar.

Daar is ook bloed-entstof vir galsiekte beskikbaar, maar daar is nie duidelikheid oor die hoeveelheid nie.

In ’n verklaring wat vandag vrygestel is, sê OBP hy het begrip vir die kommer oor die beskikbaarheid van noodsaaklike entstowwe aangesien die inentingseisoen om die draai is. Hy is bewus daarvan dat die volgehoue reën oor dele van Suid-Afrika tot uitbrekings van dieresiektes kan lei.

OBP sê die entstof vir Afrika-perdesiekte ondergaan tans gehaltetoetse en dit sal binne die volgende sewe dae beskikbaar wees. Die entstof vir knopvelsiekte is beskikbaar en die entstof vir bloutong sal van 20 Desember beskikbaar wees.

Die entstof teen slenkdalkoors is beskikbaar en daar word nog daarvan vervaardig wat teen einde Januarie volgende jaar beskikbaar sal wees.

“As ’n besigheid volg ons programme vir die onderhoud, herstel, aanpassing en vervanging van toerusting. Dit is noodsaaklik om toekomstige onderbrekings van produksie te voorkom.

“OBP is trots daarop dat die beskikbaarheid van entstowwe sal help om uitbrekings van siektes te voorkom.”

In ’n skrywe wat ook aan Landbou.com gestuur is, moedig OBP boere en veeartse aan om so gou moontlik bestellings te plaas deur 012 522 1684/5/7/8 of deur ’n e-pos na ordersloc@obpvaccines.co.za te stuur.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.20
-0.1%
Rand - Euro
18.84
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
986.55
-0.0%
Palladium
1,668.64
+0.9%
Goud
1,880.80
+0.4%
Silwer
22.45
+1.2%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,620
+0.3%
Alle aandele
79,635
+0.1%
Hulpbronne 10
74,576
-0.0%
Industriële 25
103,162
+0.5%
Finansiële 15
16,282
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Not the first but ... to be the last ❤
Wat jy sien is wat jy kry, nie n emotional up en down mens nie. Hou van n positiewe uitkyk op die lewe Lief vir my dogter, diere, buite lewe en my Hemelse Vader. Opsoek na ou...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot