AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Bloedige jaar vir renosters

Dié jaar was ’n bloedige jaar vir renosters, met 633 wat reeds deur stropers afgemaai is.

Die aantal renosters wat tussen verlede jaar en dié jaar in Suid-Afrika vir hulle horings doodgemaak is, het met bykans 40% toegeneem. ’n Dodetal van 448 is in 2011 aangeteken, met die syfer wat tot dusver vir dié jaar op 633 staan.

Me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsake en Waterwese, het verlede week aangekondig dat die syfer vir dié jaar op 618 gestaan het. Sowat ’n week later maak die Departement van Omgewingsake luidens ’n verklaring bekend dit het reeds tot 633 gestyg. Mnr. Pelham Jones, voorsitter vir die Private Rhino Owners Association (PROA) sê hulle verwag dat dié jaar se finale syfer rondom 650 sal wees.

“Ons staar hier ’n weghol veldbrand in die gesig, en ons is nie in staat om dit te blus met die strategieë en planne wat geïmplementeer word nie,” aldus Jones. “Drastiese ingryping van die staat en die Presidensie is nodig.”

Kruger Nasionale Park loop deur
Die Kruger Nasionale Park (KNP) het tot dusver die ergste onder stroping deurgeloop, met 395 renoster vrektes wat in die park aangeteken is. Die provinsie wat die hardste geslaan is, is Noordwes met 77 renosters wat daar doodgemaak is. Limpopo en KwaZulu-Natal se dodetal staan elk op 60.

Volgens Jones wag hulle steeds op terugvoer van Molewa oor voorstelle wat oor handel in renosterhoring gemaak is, asook vir ’n verslag deur die departement om die misdaad te bekamp.

Ná ’n onlangse besoek aan Mosambiek sê Jones hy kan nie verstaan hoe dié land so streng kan wees oor die implementering van verkeersreëls, maar wanneer dit kom by die beskerming van bedreigde spesies blyk hy blindte wees. “Langs die ent wat ons in dié land gery het, het ons ten minste 200 verkeersbeamptes teëgekom wat boetes uitgeskryf het. Hoekom is dit soveel anders met bewaringskwessies?”

Intussen sê Sanparke vyf verdagtes is gedurende die langnaweek op aanklagte van stroping in die KNP aangekeer. ’n Totaal van 266 verdagtes is dié jaar al vir verwante misdade in die land in hegtenis geneem.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.6%
Rand - Pond
19.32
+0.1%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,622.17
-0.4%
Silwer
18.11
-1.5%
Palladium
2,063.99
-0.6%
Platinum
845.00
-1.0%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot