
Meer as €250 miljoen is op Valentyndag aan blomme by FloraHolland in Nederland bestee. In ons taal is dit sowat R3,7 miljard – nogal 'n fortuin om te beduie dat jy lief vir jou Valentyn is.
Luidens 'n berig op www.omroepwest.nl is dié astronomiese verkoopsyfer behaal ondanks ‘n staking van personeel by dié bekende blommemark. Die omset was 3% beter as verlede jaar se verkope op dié dag.
Het mense meer geld aan blomme bestee, of het meer verliefdes, geliefdes en hoopvolle Don Juan’s na vore getree? Wie weet?
Mag Valentynsdag meer gereeld vir die blomboere van die wêreld plaasvind!
Bron: Omroepwest