
Boere kan weer Bloutong-entstof A, B en C bestel.
Luidens ’n omsendskrywe van Bayer Dieregesondheid aan handelaars is die entstof slegs in pakke van 25 flessies x 100 dosisse beskikbaar. Dit is gelykstaande aan 2500 dosisse.
Dié pakke kan afsonderlik aangekoop word. Dit staan verkopers ook vry om die verpakkings te verdeel en die enkel-flessies van 100 dosisse te verkoop, luidens die skrywe.