AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bly voerskenkings veeboere se voorland?

Boere wat hoofsaaklik van natuurlike weiding afhanklik is, is erg in die knyp, meen mnr. Adrian Cloete, voorsitter van die Veldvleisvereniging van SA.

Boere wat op natuurlike weiding staatmaak, kan nog tot November van voerskenkings afhanklik wees weens die uitwerking van die droogte op veldtoestande. Dit is ten spyte daarvan dat reën die afgelope drie weke oor van die droër gebiede wel tot nuwe groei in natuurlike weiding gelei het.

Mnr. Adrian Cloete, voorsitter van die Veldvleisvereniging van Suid-Afrika, sê toestande in die Vryburg/Stella-omgewing is tans benard.

“Wat my betref, lyk dit of ons vanjaar óf net-net die paal gaan haal óf net-net nie,” sê hy. Hy meen die onlangse reën laat die veld mooi groen vertoon, maar opvolgreën oor die volgende twee weke gaan deurslaggewend wees.

“Daar is nie baie nuwe groei nie. Die groot probleem is ook dat die hitte-eenhede wat grasgroei stimuleer, nou verby is. Die aande begin ál koeler word en dit keer die gras om so vinnig te groei as wat in die somer die geval sou wees.”

Weiding gaan groot rol speel

Cloete meen boere se weidingstelsel gaan vanjaar ’n groot rol speel. Dié wat hoëdrukbeweiding gebruik het, moes vanjaar reeds meer van hul diere verkoop. Boere met ander weidingstelsels het nog ’n bietjie gras oor, “maar boere wat hoofsaaklik van natuurlike weiding afhanklik is, is erg in die knyp”.

Mnr. Michris Janse van Rensburg van Bultfontein in die Vrystaat sê natuurlike weiding gaan boere nie vanjaar kan deurdra nie.

“Die gras wat vir natuurlike weiding moet groei, is in hierdie stadium in ’n oorlewingsfase. Die reën wat ons die afgelope ruk gehad het, het wel groei gestimuleer, maar die gras begin dadelik met saadvorming. Hoewel die veld dus nou op ’n afstand mooi lyk, is daar nie genoeg kos vir beeste om hulle deur die winter te dra nie,” sê hy.

Janse van Rensburg meen boere gaan dalk nog tot November van voerskenkings afhanklik wees.

Opvolgreën nodig

“Dís nou as ons in Oktober wel reën kry, en boonop goeie opvolgreën. Onthou, dit is opvolgreën wat tot goeie veldgroei lei – nie ’n bui elke drie weke nie,” sê hy.

Prof. Hennie Snyman van die departement vee-, wild- en weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, het op ’n boeredag op Reivilo gesê ’n verkeerde besluit oor weiding kan jare lank gevoel word.

“Jy boer nie met beeste nie, maar met gras wat in vleis, wol of bokhaar omgeskakel word,” sê hy.

Die weiding-ekostelsel is die boer se “fabriek”. Omdat die droogte baie graspolle laat vrek of krimp het, is hierdie fabriek kleiner en gevolglik is daar minder kos vir sy vee. Hy moet dus vir die volgende jaar of twee minder diere aanhou.

Swak veldbestuur

“Die boer kan niks doen aan die hoeveelheid reën wat hy kry nie, maar hy kan met die regte bestuur seker maak hy benut die reën doeltreffend. Rampdroogtes kan waarskynlik elke tien jaar voorkom, maar met swak veldbestuur kan ’n boer elke jaar ’n droogte ervaar. Dit gebeur weens strawwe beweiding wat die graspolle se wortelmassa laat krimp.”

Met goeie grondbedekking kan boere sorg dat net 3% van die reën wegvloei en die grondverlies net 0,4 ton grond per jaar beloop. Teen ’n afvloei van 9% weens swak grondbedekking kan 2,6 ton grond per jaar deur erosie verlore gaan.

Veld in ’n goeie toestand produseer gemiddeld 2,5 kg droë materiaal (DM) per hektaar per millimeter reën. Die drakrag is 5,22 hektaar per grootvee-eenheid (GVE). Veld in ’n redelike toestand produseer 1,6 kg DM/ha/mm en die drakrag is 8,34 ha/GVE. Veld in ’n swak toestand produseer net 0,8 kg DM/ha/mm, met ’n drakrag van 19,38 ha/GVE.

* Berig geskryf deur Gerrit Bezuidenhout en Charl van Rooyen

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.13
-0.7%
Rand - Pond
20.09
+0.0%
Rand - Euro
17.67
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,699.00
-0.8%
Silwer
20.17
-2.4%
Palladium
2,195.00
-3.0%
Platinum
918.00
-0.8%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot