AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Blydskap oor graanbende aangekeer is

Dit is goeie nuus vir die meulenaarsbedryf dat 'n reuse-smokkelnetwerk met graan deur 'n sindikaat blootgelê is, omdat daar geruime tyd reeds wrywing tussen meulenaars en silo-eienaars is omdat silo-eienaars daarby hou dat die tekorte wat by meulenaars opdaag, nie hul fout is nie. Hulle sê die korrekte hoeveelheid graan verlaat die silo's elke keer.

Só het mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die SA Meulenaarskamer, gereageer op die in hegtenisneming van 18 mense nadat die polisie in Pretoria op 'n vermeende graansmokkelbende toegeslaan het. Hy het gesê verbruikers word só beroof en hy is verheug dat die polisie vermeende sindikaatlede aangekeer het.

Die mense is in hegtenis geneem nadat 15 ton koring vir 'n onwettige koper in Mamelodi buite Pretoria gestort is van 'n vragmotor wat van 'n silo in Bethlehem na 'n meule in Pretoria onderweg was. Die vragmotor het 43 ton koring vervoer.

Mnr. Jacques van Zyl van Crown Vervoer in Bloemfontein, aan wie die vragmotor behoort, sê die onderneming het in die afgelope twee jaar R2,5 miljoen skade gely weens graan wat só verdwyn het. Hy het 'n private speurder, mnr. Leon Rossouw van Bloemfontein, aangestel om die saak te ondersoek.

Uit dié ondersoek het dit geblyk dat 'n sindikaat, vermoedelik van Mpumalanga, die vragmotorbestuurders tot R2 000 per keer betaal om hulle toe te laat om 'n paar ton koring langs die pad uit te tap.

'n Taakspan van die SA Polisiediens in Pretoria onder leiding van supt. Kobus van Rhyn, het op die sindikaat toegeslaan en 18 mense in hegtenis geneem, waaronder 'n jong vrou wat as markagent opgetree het. Beslag is ook gelê op 'n vragmotor, twee motors, drie selfone en R2 750 kontant.

Mnr. Rossouw het gesê volgens die adresse op die selfone waarop beslag gelê is, kan verskeie vervoerkontrakteurs by die sindikaat betrokke wees.

Die graan wat so verkry word, word blykbaar aan 'n meesterbrein verkoop wat dit teen 'n groot wins in die handel van die hand sit.

Mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan Suid-Afrika, het gesê hy is geskok dat misdaad al so ver gevorder het dat graan op dié manier gesteel word. Hy het ook sy blydskap uitgespreek dat die boewe aan die pen gaan ry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
19.27
+0.6%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,634.02
-0.6%
Silwer
18.70
-0.9%
Palladium
2,061.00
-0.6%
Platinum
856.50
-0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot