'n Uitbreek van Brucella melitensis (besmetlike misgeboorte van beeste se ekwivalent by bokke) is in die Gauteng-provinsie aangekondig.
Luidens ‘n kennisgewing van die SA Veterinêre Raad (SAVR) is dit 'n baie ernstige zoonose wat baie ernstige gevolge inhou vir mense wat dié siekte opdoen.
Dit word gekenmerk aan aborsies by die bokke en sulke abortusse, nageboortes, of enige materiaal van die bok moet nie met kaal hande en ander beskermende toerusting hanteer word nie.
Daar is 'n volledige artikel oor die toestand te lees op die webwerf van die Raad (www.savc.org.za).
Lees ook dr. Sunelle Strydom se artikel hieroor op landbou.com
(Kennisgewing na die gespreksforum gestuur deur Leon Kruger van die LNR.)
13 Januarie 2011