
’n Teler wat glo in eerlikheid en medemenslikheid in sy boerdery is deur die Dohne-Merino-telersgenootskap van Suid-Afrika is as sy Bobaasteler van die Jaar vereer.
Mnr. Clark Rattray van die Pleasant View-stoetery in KwaZulu-Natal het die Virbac-trofee vir 2016 op ’n geselligheid in Bloemfontein ontvang. Rattray is uit ’n gedugte groep streekwenners vereer vir sy gesonde begrip van gevorderde teel- en seleksiemetodes en die doeltreffende toepassing daarvan in 'n strawwe suurveld-omgewing. Hy streef na hoë vrugbaarheid, goeie bouvorm en wol van 'n hoë gehalte.
Dié toekenning word elke tweede jaar gedoen nadat die mees verdienstelike teler uit elke streek aangewys is. Ekonomiese produksie is die hoofdoelwit in teling en daarom is doeltreffende skaapteelt die grondslag van hierdie kompetisie. Wenners word volgens 'n puntestelsel geïdentifiseer wat verband hou met teling, bestuur, noukeurige rekords en geslaagde ramverkope.
https://youtu.be/PuQmiRnGx6Y