AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bobaasboere gee raad by boeredae

Twee Amerikaanse boere met wêreldrekords vir die hoogste soja- en mielieopbrengste deel hul kundigheid.

Aanhouer wen, het Amerikaanse topboere, mnre. Kip Cullers en David Hula, aan die gehoor gesê by 'n boeredag wat op 3 Februarie by Brits gehou is. 

Dié boeredag is een uit 'n spesiale reeks wat van 3 tot 7 Februarie op Brits, Delmas, Ermelo, Bergville en Bethlehem plaasvind en word deur DuPont Pioneer, John Deere, BASF en die Noble Groep geborg.

“Ek eksperimenteer voortdurend,” het Cullers gesê. Hy is 'n vooraanstaande boer van Missouri wat sedert 2010 opbrengste van meer as 10 ton/ha lewer. Sy beste opbrengs was 10,9 ton/ha. “Ek wil nie uit my suksesse leer nie, maar eerder uit my foute.”

Hy glo vloeibare saadbehandeling is een van die sleutels tot sy sukses.  “Nie alles wat ek in Amerika doen gaan vir julle in Suid-Afrika werk nie, maar saadbehandeling is wêreldwyd noodsaaklik.”

Stap in jou landerye
Verder glo hy daarin om sy plantbevolking so dig as moontlik te hou, onkruid so gou moontlik te elimineer en daagliks in sy landerye te stap. Hy pas 95% geenbewerking toe, terwyl Hula 100% geenbewerking toepas.

“Ek plant mielies, dan koring en soja en keer daarna weer terug na mielies binne ‘n tweejaarlikse siklus,” het Hula, 'n gerekende mielieboer van Virginia, gesê. Hy het in 2013 die hoogste mielieopbrengs ter wêreld gehad het met 28,4 ton/ha.    

“Ek weet beslis nie alles van mielieboerdery nie, maar omring myself met maatskappye en mense wat my vrae kan beantwoord,” het hy gesê. Volgens hom moet boere faktore binne hul beheer, soos grond- en vrugbaarheidsbestuur en pesbeheer, so goed moontlik bestuur.

Die Proteïennavorsingstigting raam dat die vraag na proteïen wat in dierevoer gebruik word teen 2015 2,11 miljoen ton gaan wees en 2,35 miljoen ton teen 2020. Mnr. Gerhard Scholtemeijer, voorsitter van dié stigting, het gesê plaaslike sojaproduksie het sedert 1988 aansienlik gegroei. Die plaaslike bedryf gaan na raming 1,15 miljoen ton teen 2015 kan verskaf en 2,37 miljoen ton teen 2020.

“As plaaslike sojaboonproduksie kan toeneem, sal die bedryf tussen 2 000 en 3 000 indirekte werksgeleenthede kan skep,” het mnr. Adriaan Schoeman, van die Noble Groep, gesê. 

DuPont Pioneer het ook tydens die aangeleentheid 'n inisiatief aangekondig waartydens boere tot einde Mei 2014 hul sojagraan vir Pioneer se sojasaad kan ruil.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
19.98
+0.7%
Rand - Euro
17.57
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,711.74
-0.3%
Silwer
20.55
-0.5%
Palladium
2,282.50
+1.1%
Platinum
924.50
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot