Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het met skok gereageer op die voorval waarin ’n 58-jarige boer van Vryburg wreed aangerand en beroof is.
Volgens IOL is mnr. John Steyn, wat alleen op die plaas gewoon het, aangeval deur twee mans wat beweer het dat hulle ’n pap wiel gekry het. Terwyl hy hulle probeer help het, het hulle hom met ’n klip oor die kop geslaap terwyl sy rug op hulle gekeer was. Hierna is hy sewe keer met ’n mes gesteek en een keer met ’n gebreekte bottel. Die verdagtes het met Steyn se wit Mazda Drifter-bakkie gevlug en is steeds op vrye voet.
Slegs 'n mite
Volgens ds. Theunis Botha, leier van die CDP, word die stelling dat die behandeling van plaaswerkers ’n belangrike oorsaak vir plaasaanvalle is, deur dié voorval as ’n mite uitgewys.
“Dit volg net meer as ’n jaar nadat die bekende filantroop, dr. Ernest Giesekke, besonder wreed op sy Oos-Vrystaatse plaas vir R50 en ’n selfoon vermoor is.”
“Ons vra opnuut dat die ANC sy woorde moet tel wanneer uitsprake oor die landbou gemaak word, maar veral dat die ANC moet ophou met sy verskerpte rassistiese optredes en uitsprake,”sê Botha.
Bron: IOL
10 Maart 2011