
Boere baat daarby as hulle 'n gesondheidsprogram in 'n veekudde volg wat onder 'n veearts se toesig is.
Dr. Henk Hogeveen van die Universiteit van Wageningen in Holland op die jaarkongres van die Veegesondheid- en Produksiegroep van die SA veterinêre Vereniging op Skukuza in die Kruger-wildtuin gesê sulke programme gaan vorentoe belangriker word.
Volgens 'n onlangse ondersoek onder Hollandse melkprodusente handhaaf hulle 'n hoër melkproduksie per koei, laer somatiese seltelling en vroeër ouderdom met eerste kalwing as ander boere. Hulle het egter ook 'n hoër uitskotsyfer van ondoeltreffende diere. Nogtans het hulle R1 216 per koei per jaar meer geld gemaak.
* Dr. Faffa Malan, bekende veearts, stel elke maand ‘n omvattende verslag op oor veesiektes wat die afgfelope maand in die land voorgekom het. Malan doen dié taak as bestuurder van die veegesondheid- en produksiegroep van die SA Veterinêre Vereniging. Boere kan dié maandelikse inligting gebruik om saam met hul veearts ’n veegesondheidsplan uit te werk.