AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Boer eis verskoning van DBV

Omstrede aksies deur die NDBV veroorsaak groot ongelukkigheid in die Hartebeeshoek-omgewing.

Boere van die Hartebeeshoek-omgewing het verlede week ’n vergadering met die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) aangevra nadat die organisasie die Derrylin Jersey-melkplaas besoek het. Mnr. Wayne Swart, eienaar, sê die boere in die omgewing wil ’n positiewe gesprek met die DBV hê om te hoor wat meer hulle vir hul diere se welstand kan doen.

Swart sê die drie koeie, wat verlede week deur die NDBV van kant gemaak is, het ’n metaboliese siekte onder lede gehad, maar twee van hulle was amper gesond, terwyl een besig was om te herstel. Twee van die diere het gelê toe hulle geskiet is, terwyl die derde probeer opstaan het toe sy geskiet is. ’n Saak van opsetlike saakbeskadiging is teen mnr. Nazareth Appalsamy, verteenwoordiger van die DBV in die streek, gelê en dit is na die veediefstaleenheid verwys.  

Volgens Swart was ’n veearts ook op die toneel, maar sy is nie toegelaat om die diere te ondersoek voor hulle geskiet is nie. “Sy’t aan my gesê sy kon sien die diere se mae was vol en hulle was besig om te herkou.”

Blokkering van pad
Luidens ’n verklaring wat die NDBV verlede week aan die media gestuur het, het Appalsamy en die groep wat hom na die plaas vergesel het, die plaas verlaat onder dreigemente dat Swart en sy medeboere die roete wat hulle moes gebruik, sou blokkeer. Swart sê geen sulke dreigemente is gemaak nie. Die voorval is op video vasgelê, wat as deel van die kriminele saak gebruik sal word.

Hy sê hy het nie fisiek aan Appalsamy geraak nie, maar wel op hom geskree omdat hy kwaad was omdat sy diere doodgeskiet is. In die vergaderingversoek wat gestuur is aan mnr. Andries Venter, bestuurder van die plaasdiere beskermingseenheid van die NBDV, het Swart aangedui dat hy graag met Venter wil praat, maar dat hy nie vir Appalsamy op die plaas sal ontvang nie.

Venter sê hulle het die versoek ontvang, maar die feit dat Appalsamy nie mag gaan nie, is ’n probleem, want hulle het nie ander personeel om te stuur nie.

Uitdagings vir boer
Swart sê hy is baie besorg oor die welstand van sy diere. Hy sê daar is wel van sy droë koeie wat onder kondisie is, maar dit is ’n gevolg van die droë toestande wat die weiding die afgelope paar maande beïnvloed het. “En ná die reën kan ons so gou soos volgende week vir dié diere voer begin sny.”

Die koeie wat gemelk word, word lusern en ander voer gevoer. Swart sê hulle sny vier keer ’n dag lusern om te verseker die koeie het genoeg om te vreet. “Ek kan jou verseker ons hanteer nie ons diere soos rondloperhonde nie, hulle is ons oorlewing.” Die boerdery het die afgelope jaar reeds sowat R3,2 miljoen op voer en dierwelstand, wat medikasie insluit, gespandeer.

Verslag van veearts
Swart sê ’n senior beoordelaar van Jersey Suid-Afrika het sy plaas die week voor die voorval besoek, en volgens sý verslag “lyk alles heeltemal normaal vir dié tyd van die jaar op ’n melkplaas.”

’n Kundige van Onderstepoort het op versoek van Swart ook die plaas ná die voorval besoek. Hy sê vyf ondersoeke is die laaste twee weke op sy plaas gedoen om die kondisie van die diere en die algemene stand van sake op die plaas na te gaan.

Swart sê hy eis ’n openbare verskoning van die NDBV aan hom en Clover, die maatskappy waaraan hy melk lewer, omdat inligting oor die voorval aan die media bekend gemaak is, terwyl alle inligting nie ingewin is nie.

Op navrae van Landbou.com oor die feit dat die veearts nie toegelaat is om die siek diere te ondersoek nie, het Venter gesê dit was die veearts se eie besluit. Die veearts het glo geweier om die siek diere te ondersoek, sy sou slegs die diere wat staan, ondersoek. Volgens hom is die diere geskiet omdat veeartsenykundige bewyse wat die vorige dag van Swart gevra is, nie gelewer kon word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.38
-1.0%
Rand - Pond
21.49
-0.6%
Rand - Euro
18.87
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,014.88
+0.1%
Palladium
1,636.90
-0.5%
Goud
1,922.71
-0.3%
Silwer
23.64
+0.2%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons gesels en kyk wat gebeur.
Ek is ñ baie optimistiese mens met baie liefde om te gee. Soek my beste vriend vir wie ek lief kan wees. ❤️
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot