Ná ’n regstryd van amper 11 jaar is lede van ’n veediefstalsindikaat in die Wakkerstroom-gebied uiteindelik agter tralies.
Mnr. BP Greyling, ’n boer van Wakkerstroom, tesame met die Wakkerstroom-veediefstaleenheid en van sy eie plaasbestuurders, het die sindikaatlede tydens ’n operasie op Dirkiesdorp in hegtenis geneem.
Ná ’n jare lange regstryd waarin Greyling en van die polisielede onder meer ook van crimen injuria, aanranding en ontvoering aangekla is, is die sindikaat se lede skuldig bevind.