
Vir ’n tweede agtereenvolgende dag verskyn ’n boer van Vryburg en sy seun op 6 September 2012 in die plaaslike landdroshof ná ’n plaaswerker gesterf het. Die twee mans word daarvan verdink dat hulle die werker doodgeskok het.
Luidens ’n berig op Nuus24.com word die mans ook daarvan verdink dat hulle ’n tweede plaaswerker ernstig aangerand het. Die beskuldigdes is as die 69-jarige Mathys Cloete, en sy 34-jarige seun, Danie, geïdentifiseer.
Vier aanklagte word teen die verdagtes ondersoek. Dit sluit moord, poging tot moord, aanranding en die rig van ’n vuurwapen in.
Die Cloetes het volgens die berig die plaaswerkers beskuldig van die diefstal van 25 liter diesel en twee buitebande. Na bewering is die mans met oorleikabels (jumper cables) geskok. Een van die werkers het glo op die toneel gesterf en die tweede is beseer.
Bron: Nuus24.com