Geen redelike besluitnemer sou tot die slotsom kom dat ’n onwettige dam eers afgebreek moet word voordat ’n lisensie-aansoek om die dam te wettig, aangehoor sal word nie.
Só lui die beëdigde verklaring wat mnr. David Gace, boer van Winterton in KwaZulu-Natal, op 28 Junie vanjaar by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien het as deel van sy aansoek vir die hersiening en tersydestelling van die departement van water en sanitasie se opdrag dat hy die dam moet afbreek.
Om die dam af te breek, net om dit weer te bou indien die ingediende lisensie-aansoek suksesvol is, sal geen doel dien nie, sê Gace namens die Corona-plaastrust, wat die plaas Bergview besit waarop die dam is en waarvan hy en sy broer, Bradley, die trustees is.