
Lt.kol. Nqobile Gwala,
polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval. Volgens Gwala word
aangevoer dat die boer, mnr. Lothar Klingenberg, aangeval is deur drie
verdagtes wat met vuurwapens en ’n mes gewapen was.
Netwerk24 berig dat Klingenberg ná die voorval in die hospitaal opgeneem is, maar intussen ontslaan is. Luidens die berig het koeël geen ernstige skade veroorsaak nie.
Die verdagtes het van die toneel gevlug. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.