Groot verwagtinge bestaan onder Suid-Afrikaanse boere wat besluit het om hulle boerdery-bedrywighede na die Kongo (Brazaville) uit te brei nadat die samewerkingskontrak tussen dié land se Regering en Agri SA afgehandel is.
Mnr. Andre Botha, die voorsitter van Agri Kongo, het aan Landbou.com foto’s verskaf ná hulle onlangse besoek aan dié land en die plaas, Malolo (80 000 ha), waarna die eerste groep boere in Mei vertrek.
‘n Groep van 14 boere het die land vroeg in Maart besoek en die eerste vyf boere vertrek op 1 Mei om hulle bedrywighede daarheen uit te brei of hulself daar te gaan vestig.
Lees gerus die berig vir meer inligting. Kyk hier na die foto's uit die Kongo.
28 Maart 2011