AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boer in stryd met staat oor grond

’n Swart boer van Limpopo wie se grond beset is, is baie moedeloos omdat die staat hom nie behoorlik vir sy plaas wil betaal nie.

“Ek weet nie waar om met die storie van dié plaas te begin nie. My hart het regtig op daai plek seergekry,” vertel mnr. Whiskey Kgabo.


Kgabo het die afgelope week ’n skamele aanbod van R765 000 vir sy mangoplaas van 65 ha in die Trichardsdal-omgewing ontvang. Hy het die plaas in 1992 gekoop en dit is in Oktober 2008 beset. In Maart 2005 het Kgabo twee ander plase as deel van die Sekororo-grondeis verkoop.


Skokkende aanbod

Hy sê die aanbod was vir hom ’n groot skok, want volgens ’n waardasie wat kort voor die besetting gedoen is, is dit R2,6 miljoen werd.


“Hulle het die aanbod met R440 000 verhoog. Toe sê ek steeds nee, ek wil die jongste waardasie sien.” Ná ’n groot gestoei het die departement vir hom net die laaste bladsy van die waardasiedokument gestuur, waarop die bedrag as R1,5 miljoen aangedui word.


Kgabo is 14 dae gegee om op die laaste aanbod van R1,5 miljoen te reageer. “Ek is baie moedeloos. En ek vra raad, van enigiemand, oor hoe ek die verdere R1 miljoen wat nog kort, gaan kry.”


Kgabo sê toe hy vra hoekom die plaas eers drie jaar ná dit beset is, gewaardeer is, het die grondeisekommissaris in Limpopo net sy skouers opgetrek.


“Dis nie ek wat die plek so verwaarloos het nie. Ek het dit in ’n uitstekende toestand gelos, maar hulle wil hê ek moet minder aanvaar omdat die ander mense nie na die plaas gekyk het nie.”


Vat jou goed en trek

Dit was ook die grondeisekommissaris wat in 2008 vir Kgabo gesê het hy moet van sy grond af trek ná die besetters geweier het om dit te verlaat.


“Hy het my sewe dae gegee om die plaashuis te ontruim en al my werktuie en besittings van die plaas af te kry. Hulle het gesê ek moet maar die plaas verlaat, hulle sal dit koop.


"Húlle het gemaak dat ek nie geld het nie, en nou wil hulle nie my plaas se geld vir my gee nie. Ek moes baie onkoste aangaan en elke uur van elke dag gebruik om my goed betyds weg te kry, terwyl die besetters op my huis se stoep vir my gesit en kyk het,” vertel ’n ontstelde Kgabo.


Oeste

Volgens Kgabo het die besetting kort voor oestyd plaasgevind. Hy sê sedert goeie reëns in 2002 in die distrik begin val het, het hy per seisoen tussen 450 ton en 550 ton se mango’s op sy plaas geoes.


Die besetters het egter dié oeste vir hulleself gevat sedert hy sy plaas kwyt is. Hy het ook tamaties op die plaas verbou.


“Ek voel baie seer, regtig. Die ding is net nag. Ek vra raad, hoe kry ek die geld wat hulle my skuld?”


3 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.7%
Rand - Pond
19.11
+1.4%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,636.39
-0.4%
Silwer
18.50
-2.0%
Palladium
2,083.77
+0.5%
Platinum
859.14
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot