
Kol. Priscilla Naidoo, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes is op 17 Januarie naby Kookhuis in die Oos-Kaap aangekeer nadat die polisie ’n klag ontvang het dat mense besig was om skape op ’n plaas naby die dorp te slag.
“Toe die verdagtes die polisie opmerk, het hulle weghardloop. Die polisie het twee skape gevind wat reeds geslag was, nog twee skape was doodgemaak en die res was vasgemaak.”
Die polisie het ’n 53-jarige verdagte, met bloedvlekke op sy klere, aangekeer terwyl hy op die hoofpad geloop het. Nog ’n 35-jarige verdagte is later by sy huis in die gebied aangekeer. Die polisie soek na nog drie verdagtes.
Volgens Naidoo kon die polisie vasstel dat die verdagtes 35 skape ter waarde van R87 500 van ’n plaas naby die buurdorp Bedford gesteel het. Die oorblywende 31 skape is aan die eienaar terugbesorg.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.