AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Boer kweek SA se grootste pampoen

Mnr. Johan Du Plessis het vir groot opwinding gesorg toe hy die SA rekord vir die grootste pampoen verbeter het.

’n Afgetrede boer van Worcester in die Wes-Kaap, mnr. Johan Du Plessis, het vir groot opwinding gesorg toe hy die Suid-Afrikaanse rekord vir die grootste pampoen gebreek het by die 2013 Shoprite Checkers Groot Pampoen-kompetisie wat in Durbanville gehou is. Sy pampoen het ’n stewige 417,5 kg geweeg, ’n hele 27,5 kg meer as die rekord wat sy seun Henry verlede jaar opgestel het!

Met sy pampoen wat vanjaar 376,5 kg geweeg het, moes Henry gelukkig wees met derde plek. Mnr. Vic Brand van Heidelberg was tweede met ’n pampoen wat 379 kg geweeg het.

Verder het Karel Botha jr. van Malmesbury die prys gewen vir die mooiste pampoen (63 kg), Rowen Simonse vanWindmeul vir die kleinste groot pampoen (56 kg) en Wilhelm van Rensburg van Heidelberg vir die lelikste pampoen (202,5 kg). Daar was 28 pampoenkwekers wat meegeding het in vanjaar se kompetisie.

Du Plessis deel graag sy suksesresep: Hy gebruik saad van die Noord Amerikaanse Atlantic Giant-kultivar. In Amerika is die rekord vir die grootste pampoen oor die 800 kg. Dié pampoene groei gemiddeld sowat 10 kg per dag oor die eerste 30 dae. Johan se pampoen het 5,2 kg per dag gegroei oor die volle tydperk van 81 dae.

Pas sy pampoene mooi op
Du Plessis plant gewoonlik so drie pampoene en pas hulle dan soos goud op. Heleda, sy trotse vrou, sê dit is ’n groot stryd, want hy wil dan gewoonlik nie met vakansie gaan oor die Desember nie omdat hy bang is dat die pampoenr iets sal oorkom.

Sy moet tot vir die pampoene kombersies gee vir as dit dalk te koud raak. Die pampoene groei later haar rose en lelies heeltemal toe. Hulle kry vermikompos as voeding en water onder drupbesproeiing. Du Plessis maak die gaatjies van die druplyn oop namate die pampoen tot by die gaatjies groei. In die spitstyd wanneer die blare volgroeid is, kry die pampoen so 180 liter water per dag.

Dit is die derde keer dat Du Plessis die kompetisie wen sedert dit in 2008 tot stand gebring is.

Onderskrif: Van links is mnr. Pieter van Zyl, Freshmark se hoofbestuurder, Du Plessis met sy kleinseuns, Johan Neethling en Roux Theron en sy regterhand Marthinus Buys by die meneer van 'n pampoen! Foto: GLENNEIS KRIEL

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot