
Brig. Selvy Mohlala,
polisiewoordvoerder, sê die polisie het vanoggend om 07:00 die 57-jarige man se
lyk in die plaashuis se sitkamer aangetref.
Volgens Mohlala het die boer en sy vrou na bewering Dinsdagaand geluide buite die huis gehoor. Hy het gaan ondersoek instel.
Buite het die verdagtes op hom begin skiet en hy het terug in die huis gehardloop. Die verdagtes het toegang tot die huis verkry deur die deur oop te skiet.
Die boer en sy vrou is na bewering vasgebind. Die verdagtes het die kluissleutels gevra. Hulle het die vrou toe in die badkamer toegesluit en die huis geplunder.
’n Onbekende hoeveelheid kontant is gesteel. Die vrou het vanoggend daarin geslaag om haarself te bevry en die polisie te ontbied.
Mohlala sê klagte van gewapende roof en moord word ondersoek.