
Edward Philip Walter Solomon (69) het volgens me. Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder by die nasionale vervolgingsgesag, in 2018 ’n begrafnisprosessie op die plaas waar hy gewoon het, onderbreek en die begrafnisgangers gevra om die eiendom te verlaat.
Nadat hulle geweier het, het hy op hulle geskiet. Mnr. Mothi Ngubane is noodlottig gewond en mnr. Mondli Lembede is gewond. Ngubane en Lembede het saam met Solomon op die plaas gebly.
Die saak is tot 3 Oktober uitgestel vir die finalisering van voorvonnisverslae. Solomon se borgtog is tot dan opgeskort en hy sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning in die hof.