‘n Boer van Soutpan het sowat ses weke nah y ernstige brandwonde in ‘n veldbrand opgedoen het, gesterf, sê die Soutpan-brandbestrydingsvereniging.
Luidens ‘n berig op Nuus24.com is die 64 jarige mnr. Koos du Toit, van die plaas Hagenstad, Donderdag, 25 November, in die Bloemfontein Medi-Clinic oorlede.
Hy is vir sowat ses weke in die hoë-sorgeenheid van die hospitaal behandel nadat hy tydens ‘n verwoestende veldbrand, verbrand het.
Tweede boer in provinsie
Du Toit is die tweede boer wat na die erge veldbrande wat die Vrystaat die afgelope paar maande geteister het, dood is. Mnr. Jaco Nortjé, ‘n boer van Bethlehem, is op sy 21ste verjaardag dood na hy in ‘n erge veldbrand vasgevang was en erge beserings opgedoen het.
Twee plaaswerkers het ook hulle lewens in die veldbrande, wat meer as 430 000 ha afgebrand het, verloor.
Bron: Nuus24.com
28 November 2010