AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4540
-60,00
SOYA
03 Feb
-
9300
-30,00
SUNS
03 Feb
-
11091
-270,00
WEAT
03 Feb
-
6695
-33,00
WMAZ
03 Feb
-
4317
-12,00
YMAZ
03 Feb
-
4380
-41,00

Boer uit woede vermoor

Woede was glo die rede agter die moord verlede jaar van mnr. Johan Strydom van die distrik Buffelshoek.

Woede was glo die rede agter die moord verlede jaar van mnr. Johan Strydom van die distrik Buffelshoek, naby Potchefstroom. Luidens ’n berig in die dagblad Beeld (4 Maart) was dít die rede vir die moord wat ’n verdagte in sy verklaring aan die Polisie aangevoer het. Strydom het glo R930 by mnr. Jonathan Sekgone, die verdagte, gevat wat in ’n vroeëre huisbraak gesteel is.


Luidens die verklaring, wat in die Rondgaande Hof in die stad voorgelees is, het Sekgone die 40-jarige Strydom by ’n plaashek met ’n ysterstaaf ingewag. Strydom het glo vir hom probeer weghardloop, maar Sekgone het hom vier keer oor die kop geslaan, sy voete vasgebind en hom agter sy bakkie na die pakhuis gesleep, terwyl Strydom vermoedelik nog lewendig was.


Valse verklaring


Sekgone het wel voorgehou dat dié verklaring vals is, want hy het dit onder dwang gedoen omdat hy deur die Polisie aangerand is. Hy beweer hy was slegs teenwoordig toe die moord gepleeg is. Die medeverdagtes in die saak is mnre. Simphiwe Tueng en Soul Letsie.


Regter Frits van Oosten het egter beslis dat die verklaring en uitwysings wat Sekgone kort ná die moord gedoen het, toelaatbaar is.


Die verhoor word op Woensdag, 9 Maart 2011 hervat.


Bron: Beeld


4 Maart 2011


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.97
-0.3%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,914.99
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,799
+0.2%
Alle aandele
79,957
+0.2%
Hulpbronne 10
74,747
+0.1%
Industriële 25
102,952
+0.3%
Finansiële 15
16,593
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot