AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boer van die Jaar-toekennings vir 2016

Die bestes in die Suid-Afrikaanse landbou is op ’n spoggeleentheid buite Pretoria deur Landbouskrywers SA aangewys.

Die Allesbeste Boerdery van dr. André Ernst, Liezel, Edrean en Zander Ernst, is as die nasionale Boer van die Jaar aangewys, Eric Ntlaba is as die beste nuwe toetreder tot die kommersiële landbou bekroon, en dr. Theo de Jager is die Landboukundige van die Jaar.

Die geleentheid is deur Absa, Monsanto en Santam Landbou geborg. Landbouskrywers SA bied die Boer van die Jaar-kompetisie vir kommersiële boere, nuwe toetreders tot die kommersiële landbou en landboukundiges sedert 1977 aan.

“Vanjaar se kandidate in die drie kategorieë is elk op hul eie terrein besonderse presteerders en dit was nie maklik om wenners aan te wys nie. Ons is trots op al die kandidate wat in die provinsies aangewys is as wenners. Ons wil diegene wat die toekennings as nasionale boer, nuwe toetreder tot die kommersiële landbou en landboukundige ontvang het, baie gelukwens. Ons beskou dit as ‘n pluimpie vir Suid-Afrikaanse landbou en meen dat die kandidate enige tyd op die wêreldmark met die bestes kan meeding,” aldus Magda du Toit, voorsitter van Landbouskrywers SA.

Nuwe toetreder tot die kommersiële landbou:

As 'n varkboer in die Lindley-gebied ken mnr. Eric Ntlaba die betekenis van deursettingsvermoë en harde werk. Ná voltooiing van 'n diploma in algemene bestuur en graad in sake-administrasie, het hy by verskeie hotelgroepe in Bloemfontein en Gauteng gewerk. Dit was terwyl hy bestuurder was by 'n hotel in Polokwane dat hy besef het hy wil sy droom vervul om te boer. Hy het in 2008 na Lindley verhuis en begin boer. Deesdae het hy 'n vooruitstrewende boerdery van 2 300 varke.

Landboukundige van die Jaar:

Dr. Theo de Jager is bekend vir sy betrokkenheid in die landbou op die vasteland van Afrika, waar hy die modernisering, kommersialisering en meganisasie van die landbou bevorder. Hy is 'n suksesvolle kommersiële boer, en as 'n voormalige adjunkvoorsitter van Agri SA, was hy verantwoordelik vir grondhervorming, transformasie, boerontwikkeling en Afrika-skakeling. Hy is voorsitter van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies, asook die Pan African Farmers Organisation. Hy is 'n stigterslid en voorsitter van Agri All Africa, 'n oplossing-gebaseerde landboumaatskappy wat kleinskaalse boere bemagtig tot kommersiële status op die vasteland.

Boer van die Jaar: Allesbeste Boerdery van dr. André Ernst, Liezel, Edrean en Zander Ernst.

Allesbeste Boerdery is bekend vir sy baanbrekerswerk in die avokadobedryf en die Allesbeste Avokado-kwekery is een van die voorste avokado-kwekerye in die wêreld. Dit produseer 200 000 avokadobome per jaar en lewer dié bome reg oor die wêreld. Hulle lewer gehalteprodukte deur middel van uitsonderlike produksiemetodes. Hul hoofstroom besigheid is avokado’s, maar piesangs, bloekombome en lietsjies, ondersteun die avokado besigheid. Die familie besit 20% aandele in Afrupro, 'n uitvoermaatskappy, sowel as die meerderheid aandele in die Letaba-pakhuis. Hulle het die eerste eg Suid-Afrikaanse avokadokultivar, die Maluma-avokado, ontwikkel en die planttelersregte vir die kultivar in 2004 geregistreer.

Al die kandidate was:

Nuwe toetreder tot kommersiële landbou:

Sentrale streek – Eric Ntlaba

Noordelike streek - Simon Teffo

Wes-Kaap (suidelike) streek – Phirdy Motala.

Landboukundige van die Jaar:

Oos-Kaap – Dr. Gerhard Verdoorn

Vrystaat – Dr. Mias van der Westhuizen

Gauteng – Jannie de Villiers

Limpopo – Dr. Theo de Jager

Mpumalanga – Barry Christie

Noord-Kaap – Hannes Hattingh

Noordwes – Prof. Flippie Cloete

Wes-Kaap – Andre Roux.

Boer van die Jaar:

Vrystaat – Nick Serfontein

Gauteng – Rina en Norman Belcher

Limpopo – Allesbeste Boerdery

Noord-Kaap – Vickie Bruwer

Noord-Wes – Jerry Basson

Wes-Kaap – Josias le Roux.

Byskrif: Van links is me. Magda du Toit (Landbouskrywers SA) dr. André Ernst, me. Liezel Ernst, mnre. Edrean Ernst, Zander Ernst en Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou. Foto: Helenus Kruger.

boer-van-die-jaar-2016.jpg-een-597

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot