AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Boer van rand van droogte-afgrond gered

Waar sal Suid-Afrikaanse boere wees sonder ander boere wat help as die nood druk? ’n Boer van Caledon was op moedverloor se vlakte toe ander boere ingespring het.

’n Boer van Caledon, wat deur die droogte genoop is om sy kudde te verkoop en sy boerderybedrywigheid te staak, is in so ’n mate deur barmhartige Samaritane gehelp dat hy nou sal kan voortboer.

Mnr. Werner Teubes, wat naby Tesselaarsdal in die distrik Caledon boer, sê binne enkele ure vandat hy op die Facebook-groep Landbou Sosiaal ’n inskrywing geplaas het dat sy Boran-kudde te koop is, het hy ’n kontantbedrag as hulp van mnr. Kobus Oosthuizen, ’n Suid-Afrikaanse boer wat tans in Amerika woon, ontvang.

Stoet te koop

“Die droogte het my nou ondergekry en dit reën nie kos nie, so kan ek nie voortgaan nie!” het Teubes geskryf. Hy het 20 stoetborankoeie en 11 kommersiële borankoeie met 20 kalwers te koop aangebied.

“Ek het die inskrywing opgesit en toe ek my oë uitvee, het Kobus uit Amerika aangebied om my te help voer aankoop,” sê hy. “Hy het reguit vir my gesê: ek wil nie hê jy moet jou beeste verkoop nie. En ek wil nie my beeste verkoop nie!” sê Teubes.

Soveel hulp het as gevolg van die inskrywing ingestroom, Teubes het nie geweet watter kant toe nie. Hy sê dis ongelooflik dat die mense so bereid is om te help. “Boere het selfs aangebied om my beeste vir drie jaar te vat en groot te maak,” verduidelik hy. ’n Boer van Bethal het ook bale belowe en nou probeer Teubes om vervoer daarvoor te reël.

Breekpunt

Teubes het verlede jaar begin boer en het in Mei sy eerste kalfseisoen gehad. “Ek het beeste verkoop en derduisende aan voer spandeer, maar dit was net nie genoeg nie. Ek kon net nie meer nie. Ek het nie nóg geld gehad nie,” sê hy.

Na die eerste kallers gebore is, het sy koeie baie maer geword. Teubes het beeste verkoop om ander beeste te voer maar uiteindelik ’n punt bereik waar hy nie verder kon bekostig om voer aan te koop nie.

Hy het aanhou hoop dat dit die volgende dag sou reën. Uiteindelik het dit wel gereën maar hy het besef die koue en reën bring nie dadelik kos nie. Dit het sy beeste net swakker gemaak. “Hierdie beeste waaroor ek al jare droom… ek het besef dis nie so maklik nie.”

Aanhouer boer

Teubes het 31 kleinkudde, 28 kallers en volgende jaar is daar 50 beeste wat gevoer moet word. Hy is vasberade om met die boerdery voort te gaan.

“Dis net hoop, passie en liefde vir beeste. Niks anders nie,” sê hy. Jy kan spaargeld hê maar as die reën nie kom nie is dit soos ’n eindelose pit waar jy jou geld gooi. As dit nie vir hierdie hulp was nie, weet ek nie. Dis net die genade van die Here wat ons gaan deurdruk.”

Ooshuizen werk al vir vier jaar vir ’n Amerikaanse boer en “doen enigiets rondom ’n saaiery”. Oosthuizen sê toe hy die inskrywing op Facebook sien, het hy geweet Teubes is trots op dit wat hy doen.

“Die skenking was net die Here se stem wat vir my gesê het, ‘kom ons help die man’. My hart bloei vir ’n medemens soos hy. Ek sien daagliks op Facebook hoe die boere swaarkry, maar dit het dit uitdruklik uitgewys.”

* Het jy ’n nuuswenk, kommentaar, ’n foto of video wat jy aan ons wil stuur? Gebruik Whatsapp om met ons te gesels by 063 720 3632.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot